Tobie Cronjé is vir die eerste keer in jare met ’n eenmanvertoning op die verhoog.
Ballade van ’n Banggat is ’n opvolg van die wegholsukses Annale van ’n Windgat en beloof dieselfde intelligente humor en lewenswysheid.
Banggat handel oor die menslike behoefte om homself te aanvaar soos wat hy is. Dit word gedoen met oor-tot-oor humor en lagbuie wat soos krale ingeryg is. Die Banggat vertrek op ’n reis van selfontdekking en selfaanvaarding waarin hy die gehoor meesleur.
Omdat dit handel oor die verskillende persoonlikhede van mense en lewenssituasies waarin ons ons daagliks bevind, kan elkeen identifiseer met die Banggat se stryd.
Die gehoor is dan ook diep betrokke by die uiteindelike ommekeer in die Banggat se lewe.
Hierdie voel-goed-produksie, uit die pen van Barry van Rensburg, gaan jou laat skaterlag terwyl dit hoop bring vir die Banggat in elkeen van ons.

Teks: Barry van Rensburg
Regie: Neels Clasen
Genre: Komedie
Datum en tyd: Wo 26 Junie 20:00, Do 27 Junie 10:00, Vr 28 Junie 15:00, Sa 29 Junie 09:00
Venue: Pickfords Nelspruit Laerskool, Nelspruit
Tydsduur: 60 minute
Prys: R97

Lewer kommentaar