macbeth.slapeloos

Macbeth, bloedige gesant van die staat en generaal in die Skotse Leër, swig onder druk van sy ambisieuse vrou en pleeg koningsmoord.

Soos voorspel, word hy as koning gekroon, maar om die mag te behou verg meer en meer bloed.

’n Groeiende opstand en ’n gewete wat knaag, laat die verhouding tussen man en vrou verbrokkel. Macbeth kan nie slaap nie. Sy vrou kan nie wakker bly nie en slaapwandel deur die gange van die kasteel.

’n Koorsdroom van ’n produksie wat die temas om liefde, mag, eie gewin en goedgelowigheid oopvlek.

Met: Dawid Minnaar, Anna-Mart van der Merwe, Jana Cilliers, Antoinette Kellerman, Stian Bam, Charlton George, Ludwig Binge, Edwin van der Walt en Senzo Madikane
Teks: William Shakespeare
Vertaling: Eitemal
Verwerking: Marthinus Basson en die geselskap
Regie en ontwerp: Marthinus Basson
Vervaardiger: Hugo Theart/TEATERteater

* Première *

Aardklop 2103

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/13
Plek: Sanlam Ouditorium, Potchefstroom
Tydsduur: 120 minute
24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 14:00, 26 Sept. – 20:00, 27 Sept. – 09:00, 28 Sept. – 14:30
Kaartjies: R120

Sluit aan by die Gesprek

5 Kommentare

  1. I missed Aardklop this year, where can I see this production again? Will it be showing at other theatres in the future?

Lewer kommentaar

Leave a Reply