Time and Spaces: The Marrabenta Solos
Die stigter van Mosambiek se eerste kontemporêre dansgroep, Panaibra Gabriel Canda, is een van die kunstenaars wat werk aan ’n eg Afrika-choreografie.

Time and Spaces: The Marrabenta Solos is ’n aandoenlike vertoning wat kulturele voorstellings van die “suiwer” Afrika-liggaam dekonstrueer.

Sedert die onafhanklikheid van Portugal in 1975 was Mosambiek ’n land van sosiale en politieke vervalle met ’n onbuigsaam kommunistiese model wat geleidelik plek maak vir ’n brose demokrasie. Hierdie komplekse geskiedenis word gedra in die marrabenta, ’n musikale vorm wat in die 1950’s gebore is uit ’n mengsel van plaaslike en Europese invloede. Panaibra Gabriel Canda dans en praat oor die kontemporêre Afrika-liggaam: ‘n post-koloniale, meervoudige liggaam wat die ideale van nasionalisme, moderniteit, sosialisme en vryheid van uitdrukking geabsorbeer het. Sy eie liggaam …

Die vertoning word vergesel deur ’n kitaarspeler, Jorge Domingos, wat die marrabenta verken met behulp van ’n spesiale Portugese kitaar.

Met: Panaibra Gabriel Canda & Jorge Domingos

Genre: Dans
Taal: nie-verbaal
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R80
Plek: Rhodes-teater, Grahamstad
Datum: 3 Julie 11:00 & 15:00 4 Julie 20:00

Nasionale Kunstefees 2018


Time and Spaces: The Marrabenta Solos
Time and Spaces: The Marrabenta Solos

Time and Spaces: The Marrabenta Solos


2

Lewer kommentaar

Leave a Reply