Trein-Smash!

‘n Kabaret wat handel oor twee vryskut-akteurs wat daagliks gebruik maak van Metrorail om by oudisies uit te kom.

Onderweg na een van hul belangrikste oudisies word hul gekniehalter deur Metrorail-struikelblokke.

‘n Treinrit tussen Stellenbosch en Kaapstad loop lelik skeef. Wat sê ‘n akteur vir haar werkgewer of vir die kliënt vir wie hy ‘n oudisie doen? Wie blameer jy? Wie sal verstaan? Wie staan pa vir die ekonomie wat daaronder ly?

Die kabaret lewer sosiale kommentaar en hou in tipiese kabaretstyl ‘n spieël op voor die samelewing. Dis ‘n spreekbuis vir die frustrasie van miljoene pendelaars landswyd asook werknemers van Metrorail.

Trein-Smash! het gedebuteer by die US Woordfees en was daarna weer opgevoer by Aan De Braak teater op Stellenbosch.

Met: Riaan Visman en Stephanie Badenhorst; met Rika Vermeulen en Lucas Heinen op die klavier.

Trein-Smash! is 18 Augustus om 18h00 by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch. Kaartjies kos R70.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar