‘n Toneelstuk oor die Uilhuis van Helen Martins in Nieu-Bethesda. Kom kyk na haar lewe en stap nog eens saam met haar. Op hierdie pad ontmoet jy ook die mense wat haar lewe deurkruis het en leer jy verstaan hoe merkwaardig haar erfenis is.
Marlene Zwiegers vertolk die rol van 5 mense wat ‘n rol gespeel het in Helen se lewe asook dié van Helen self. Francois Le Roux se musiek en beelde van die Uilhuis en tuin transponeer jou na ‘n wêreld waar jy Helen se lewe begin verstaan.
In hierdie stuk sien mens die vervulde wens van ‘n kunstenaar om dit wat sy geskep het te bewaar vir nageslagte wat kom. ‘n Passie, ‘n droom is wat mens hier sien….’n kunstenaar wat geskep het, ondanks ‘n finansiële tekort, ondanks mense wat nie kon verstaan nie. “Sy het geskep, omdat sy nie anders kon nie.”
Die draadletters in die tuin omvat die hele unieke wereld wat Helen vir haarself geskep het in die eenvoudige woorde: “This is my world.”
Helen Martins het geskep. Haar werk in haar tuin en huis, is ‘n feesviering van die droom wat sy geleef het. Hierdie droom het veroorsaak dat daar jaarliks van dwarsoor die wereld, 14 000 besoekers by haar Uilhuis aandoen!
Helen het meer as 600 beelde in haar tuin wat vir jou wink om te kom kyk … haar droom te bewonder en geniet.
Uilvrou is ‘n toneelstuk wat jou nie net boei met sy beelde nie, maar die verhaal van Helen se lewe trek jou in totdat jy voel asof jy dit saam met haar beleef.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)