“The Human Library” is ’n wêreldwye konsep wat ’n paar jaar gelede in Skandinawië ontstaan het. Die konsep is op humanitêre beginsels gebaseer, met die doel om ander beter te verstaan. Soos die ou spreekwoord lui: “Onbekend is onbemind.” Oftewel, ons vrees en veroordeel diegene wat ons nie verstaan nie.

Die praktiese toepassing is eenvoudig: In plaas van ’n boek uitneem, neem jy ’n mens uit. Die persoon (dikwels ’n omstrede of gemarginaliseerde persoon) vertel jou as toehoorder sy of haar storie. Eerlik en kaalvuis.

In hierdie produksie ontmoet ons sulke individue. Werklik, histories, fiktief, mitologies, komies, tragies, satiries en tragikomies. Elkeen van die karakters verbeeld en vertel hul eie unieke storie. Maar daar is ’n interaktiewe element: Voor die vertoning begin, kry die gehoor ’n “stembriefie” met kriptiese leidrade. Dan kies die gehoor self watter “mense” hulle wil uitneem.

MET Lizz Meiring TEKS EN REGIE Lizz Meiring BELIGTINGSONTWERP Jak J. Brits STELONTWERP Nicholas de Klerk FOTOGRAFIE Maryna Cotton BEELDKUNS Veronika Olivier VERHOOG- EN PRODUKSIEBESTUURDER Yvette Hanekom VERVAARDIGER Artist Warehouse ASSISTENT-VERHOOGBESTUURDER Cara Meiring

7 April 2023, 18:00 9 April 2023, 09:30, Hoërskoolsaal, Oudtshoorn

Lizz Meiring Van die rak af 1
Lizz Meiring in Van die rak af

Lewer kommentaar

Leave a Reply