Wat beteken dit om ’n kroon te moet dra en hoe versoen jy jou eie behoeftes met die verwagtinge van die adel en die gepeupel, asook dié van jou vrou en jou kind?

Edward I lê op sterwe en hoop dat die kroon na sy kleinseun, Edward III, kan gaan, omdat hy sy seun minag as gevolg van dié se verhouding met sy jeugvriend en nou banneling, Gaveston. Maar Edward II word koning en Gaveston word ontban en die liefde gedy tot ontsteltenis van die adel en die bevolking. Ná ’n voorval waarin Gaveston die aartsbiskop in die openbaar ontmasker vir wat hy werklik is, word hy weer verban, wat die situasie in ’n krisis laat ontaard.

Hierdie meesterlike aanpassing van Christopher Marlowe se Edward II (1594), deur Tom Lanoye, kyk vlymskerp na liefde, mag, keuses, kinders, komplekse verhoudings en die plek van die individu in die samelewing.

MET Edwin van der Walt, Beer Adriaanse, Rolanda Marais, André Roothman, Wilhelm van der Walt en Caleb Payne TEKS Tom Lanoye REGIE EN ONTWERP Marthinus Basson MUSIEK David Wolfswinkel BELIGTING Nicolaas de Jongh DOKUMENTÊRE FOKUS Philip Theron ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Wicus Louw VERVAARDIGERS RAMINIDAM en Louw de Beer (NOVIEGUIDE)

KKNK

9 April 2023, 10:00, Gimsaal, Oudtshoorn

Die fel omstrede kroon van Edward II & Gaveston

Lewer kommentaar

Leave a Reply