Gaan saam op die donkiekar van Clanwilliam na die Wêreldbekende winkelstoep van Lekkerbekkie in Wupperthal.
Beleef die historiese gedenkplekke wat die trekpleister is en mense van oral in die wêreld se verbeelding betower.
“Auntie Sophie” vergesel hierdie groep jongmense waar hulle hulself vind deur hul geskiedenis te herleef soos uitgebeeld word deur sang, dans, musiek en drama. Ook Leipoldt se graf word lewendig deur sy ryk digkuns.
Die asemrowende skoonheid van die Biedouw Vallei lê in sy prag vol geskiedenis saamgesmelt in die natuur.
By Lekkerbekkie word die mens se talent tentoongestel.
“Stiek yt! Kô sam oppie donkiekar rit van jolyt!”
Vastrap van Jan Dissels tot Tra-Tra by die Senior Sekondêre Skoolsaal op 30 April. ‘n Gemeenskapsproduksie.
Moontlik gemaak deur: Rooibos Bpk
Kaartjies: R20 Volwassenes, R10 Kinders onder 12
Kaartjies ook beskikbaar by die deure
Besprekings: Cederberg Feeskantoor 027 482 1090
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
