Ontvang vergoeding vir jou Afrikaanse bydraes. Roekeloos.co.za betaal R50 per bydrae.
Die voorwaardes:
• Jy moet 18 jaar of ouer wees om ’n bydrae te lewer.
• Geskrewe bydraes, foto’s of ‘n PhotoShop skepping is welkom.
• Geskrewe bydraes moet uit minimum 200 woorde bestaan. Lidwoorde uitgesluit.
• Die bydrae moet oorspronklik wees en mag nêrens anders verskyn nie.
• Geen anonieme bydraes – beteken die uitgewer moet ten minste weet wie jy is. Anonieme bydraes verskyn onder “Roekeloos”.
• Vergoeding beloop R50 per bydrae.
• Roekeloos.co.za se paneel van onkundiges het die finale sê oor watter bydraes gebruik word.
• Geen korrespondensie word gevoer oor bydraes wat nie aanvaar is nie.
• Bydraers word aan die einde van elke maand betaal – vir bydraes wat daardie maand verskyn het.
• Bydraes vir die Gedigte-afdeling kom nie in aanmerking vir vergoeding nie.
Bydraes oor omtrent enige onderwerp is welkom. Stuur dit aan bydraes@roekeloos.co.za.
Wie word voorgetrek:
• Humoristiese bydraes.
• Iets oor boeke, flieks, teater, musiek en kuns.
Hier volg die fynskrif:
• Die uitgewer behou die reg om te besluit hoe en waar die bydraes gebruik word.
• Die uitgewer mag nie verantwoordelik gehou word indien jy nie die voorwaardes verstaan nie.

Jislaaik! Natuurlik sal enige persoon met breinkapasiteit nie die versoeking kan weerstaan om iets konstruktief te skryf om helaas, beloon te word vir `n bietjie voggies nie!!!! Ek sal nou moet gaan sit en dink watter loutere onsin kan ek wys raak – nie sommer verbale diaree nie!
Ek moet se ek vind dit hoogs diskriminerend om nie die Gedigte bydraes ook te beloon nie, dis natuurlik ‘n baie groter kuns om die woorde te laat rym, en almal van ons weet mos hoe lekker dig ‘n mens nadat die voggies eers in is.
Ek wil graag by die Roekeloos gemeenskap aansluit op ‘n permanente basis. Ek sal graag by gedigte met jul wil deel vir geen vegoeding nie. Hoe doen mens dit, of moet mens redelik ‘n naam al gemaak het in hierdie veld? Ek voel dat wat ek voel, meer verstaan sal word hier tussen vreumdes as wat dit sal op ‘n Facebook bladsy tussen mense wat sogenaamde vriende is.
Zander,
Stuur gewoon jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za . Jy kan ook ‘n foto van jouself insluit, indien jy so voel.