Verkeer

Motors in hoë digtheid in ‘n beperkte ruimte.

En mense in motors, in verkeer, verkeer met mekaar op ‘n eiesoortige wyse. Saamgebondel in ‘n wedloop teen tyd, in kompetisie vir ‘n stukkie teer gaan ons werk toe gaan ons huis
toe gaan ons heen.

Simfonie van die snelweg:
sirene, toeter, donker basklanke van oorontwikkelde klanksisteme, magtige dreuning in foutiewe uitlaatstelsels, en vir impak: glas wat breek, staal teen staal. Buffer teen buffer. Laat. Soms is dit snaaks so,
die geryery, en die mense wat so sit-sit ry.

Verkeer is ‘n moderne, veeltalige drama wat teaterkonvensies uitdaag en omvergooi. Die stuk se sterk visuele fokus maak dit opwindend aanskoulik.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar