Erwe

Erwe deur Adriaan Meyer is die U.S. Drama Departement se inskrywing vir die Sanlam prys vir Afrikaanse teater wat die Departement verlede jaar gewen het met George Weideman se stuk My Plaas se naam is Vergenoeg. Meestersstudent Adriaan Meyer het verlede jaar vir die teks en regie van Prinsloo Versus die Jong Kanna vir die beste prestasie in die afdeling vir studenteteater gewen.

Erwe is ‘n verwerking van Shakespeare se klassieke tragedie Hamlet. In dié stuk eggo die herkenbare stemme van (voor)vaders deur die verskillende geslagte van ‘n opregte Afrikanerfamilie en dit bied ‘n ironiese, vernuwende en skerpsinnige blik op wraak, generasiegapings en die sondes van die vaders. Meyer behartig ook die regie van die stuk.

Na hul speelvak by die KKNK is die stuk te siene in die HB Thom Teater vanaf 5 tot 9 April 2005 om 20h15 saans. Kaartjie kos R30 vir volwassenes en R20 vir studente. Vir navrae en besprekings skakel (021) 808 3216.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar