The Government Inspector

Bekende akteur en regisseur Ralph Lawson behartig die regie van The Government Inspector vir die U.S. Drama Departement. Die toneelstuk deur die Rus, Nicolai Gogol, is ‘n satiristiese komedie wat kyk na die korrupsie inherent in ‘n kleindorpse burokrasie.

Deur ‘n verwarring van identiteit word ‘n klerk beskou as ‘n prominente inspekteur. Die gebeure wat volg het die hele dorp in rep en roer totdat die klerk selfs verloof is aan een van die stadsvaders se dogters. Die dorp se wedywering vir die Inspekteur se gunsies skep nie net vele komiese oomblikke nie, maar is ook ‘n skerp kommentaar op die samelewing.

Die stuk is die eerste keer in 1836 in St. Petersburg opgevoer en word beskou as een van die beste komedies van die Russiese verhoog.

The Government Inspector is te siene in die HB Thom Teater vanaf 19 – 23 April en weer 26 – 30 April 2005 om 20h15 saans. Kaartjies kos R30 vir volwassenes en R20 vir studente en is te koop by die deur. Vir navrae of besprekings skakel (021) 808 3216.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar