Vinette op die skouer geklop

Vinette Ebrahim is met die Skouerklop-toekenning huis toe vanaf die Suidoosterfees.

Ebrahim was te sien as Mevrou Claerhout en Ouma Kitta in Vaselinetjie.

Die toekenning word jaarliks gemaak aan ’n persoon wat ’n besonderse bydrae tot die Suid-Afrikaanse kunste gemaak het, op voorwaarde dat daardie persoon daardie jaar by die Suidoosterfees optree of daarby betrokke is.

Ebrahim is onder die publiek bekend vir haar rol van Charmaine in die sepie 7de Laan.

Lewer kommentaar

Leave a Reply