Volgens die verklarende woordeboek van die Afrikaanse taal beteken “vlerksleep” om by ‘n meisie aan te lê, soos wat die voëls – veral duiwe – hulle vlerke sleep om die wyfies se aandag te kry vir so ‘n ietsie lekker!  In regisseur Frans Swart se nuwe produksie Vlerksleep deur Peter Quilter, ontmoet ons vir Anton (David James) en Louise (Elma Potgieter), beide in hul laat vyftigs.  En onlangs geskei.  Beide is nou in die proses om te begin kyk na nuwe metgeselle deur op ‘n aantal toe-oogafsprake te gaan.  Vlerksleep volg die twee se eskapades deur ‘n reeks van onverwagte, eksentrieke en wisselvallige romantiese probeerslae waar absoluut niks volgens planne verloop nie!  Kom sleep vlerk saam met David James, Elma Potgieter, Richard van der Westhuizen en Bertha le Roux-Wahl by die Toyota Innibos Kunstefees by die Nelspruit Hoërskool op 2 Julie (09:00) en 3 Julie (13:00).  Bespreek jou kaartjies nou by www.LTickets.co.za, 011 815 3000 of by www.vlerksleep.co.za 

David James en Bertha le Roux-Wahl in Vlerksleep
David James en Bertha le Roux-Wahl in Vlerksleep

Lewer kommentaar

Leave a Reply