Vlooi en die Vlieënde Mat

In Vlooi en die Vlieënde mat, geskryf deur Margit Meyer-Rödenbeck, kry Biebie ‘n Persiese mat persent en as die towersleutel begin gloei, gaan sy en Vlooi op ‘n wonderlike avontuur.

In ‘n verre land in die Midde Ooste moet hulle vir Prinses Zana uit die kloue van haar wrede oom red sodat sy weer die land kan regeer.

Die Storieboomreeks (Oxford University Press) word op die verhoog verlewendig in ‘n skouspelagtige vertoning vol kleur, dans en sang vanaf 10 Aug tot 2 September in die Kunstekaap Teater.

Marinda Engelbrecht is die regisseur en tesame met Pedro Kruger se musiek is hierdie ‘n avontuur wat geen 4 tot 10 jarige kan misloop nie. Die geselskap spog met ervare akteurs soos Antoinette Louw, Liande Valentyn, Nelmari Kemp, Dean Balie en Hein de Vries.

Bespreek by 082 446 7265 of marinda.vlooi@gmail.com

Nelmari Kemp
Nelmari Kemp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply