Dié opwindende nuwe produksie neem gehore op ’n reis deur Africana.
Die giere, gewoontes, heilige koeie, artikels en tradisies van Afrikaners word tong in die kies gedissekteer om te kyk wat klop in die hart, raas in die kop en kielie in die maag van Die Volk.
Die soms uitbundige, soms gevoelvolle styl waarvoor Chris Chameleon bekend is, tesame met Daniella Deysel en nuwe snitte wat spesiaal vir die produksie geskep is, beloof gehore ’n goeie dosis van lekker lag, lekker luister, ’n bietjie nadink en ’n hart se punt wat sekerlik nader aan dié besondere Afrika-stam sal trek.
Met: Isabel Mostert, Schoeme Grobler, Olivia Sauer en ander
Regisseur: Michelle Hetzel
Teks: Isabel Mostert
Choreografie: Elize Cogle
Genre: Musiekteater
Taal: English, Afrikaans
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R90
Plek: Downstage, Bloemfontein
Datum: 15 Jul 20:00, 16 Jul 18:00
… met high heels en lipstick!
#VSKunstefees … met high heels en lipstick
Roekeloos
2
