Voeg ’n flambojante chef, twee gasbottels, baie wyn, ’n nuwe haarstyl en boererate bymekaar. Klop tot styf en geniet!
Divan Coetzer se skreeusnaakse nuwe “kookprogram” is ’n nostalgiese komedie wat erkenning gee aan wat agter die skerms gebeur as die krag afgaan en jou gaste kom oor ’n uur. Kom lag en kuier saam as Elsa Hitge jou leer “hoe om jou ouma se resep so op te donner dat almal dink jy is van die buiteland af …”
Divan (Elsa) gee graag een van sy of haar resepte as saamvattertjie na elke vertoning.
Met: Divan Coetzer
Boma Kuierteater, Nelspruit
Wo 26 Junie 18:00, Do 27 Junie 12:00
