Op Sondag, 21 Junie om 17h00 kan jy vir Gert Struwig, vertolk deur Cobus Venter, ontmoet in die produksie My Pa.  Gert is ‘n rêrige-êrige Suid-Afrikaanse man.  Hy is beslis nie ‘n metroman nie.  Naas die Bybel, is rugby sy grootste aanwyser.  Hy beplan sy braais, sy gesin, sy partytjies en sy gesin se aktiwiteite rondom rugby.  Sy lewe draai om rugby.  Sy helde is rugbyspelers.  Sy bestaan is rugby. Maar dan gebeur die lewe en Gert se bestaan word dramaties verander as hy gediagnoseer word met kanker.  Hy worstel dan met sy eie vraag: “Is ek my kind se held?”

Besprekings kan by www.itickets.co.za gemaak word teen slegs R70.00 per huishouding.

Een leser kan toegang wen tot My Pa se aanlynvertoning op Sondag, 21 Junie 2020 om 17h00.   Om deel te neem aan Roekeloos.co.za en Lefra se kompetisie, kan jy die volgende na 33000 SMS: LEFRA MY PA ROEKELOOS, dan JOU NAAM EN VAN en dan JOU STAD OF DORP.  Dieselfde inligting kan ook per epos gestuur word aan wen@lefra.com met LEFRA & ROEKELOOS MY KOMPETISIE as onderwerp.  Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die Redakteur is finaal.  SMS’e kos R1,50 elk.

Lewer kommentaar

Leave a Reply