Wonder Woman

Met die oog op Vrouedag is daar vanaand om 19.00 ‘n aanbieding in die Ou Meulteater in die Paarl oor Wonder Woman – ’n bekende karakter uit die strokiesprentwêreld – vanaf 1941 tot vandag!

Wonder Woman
Wonder Woman
Die gesprek oor Wonder Woman sal gepaard gaan met beeldmateriaal uit dié strokiesprente.

Volgens ds Danie du Toit, die spreker by die geleentheid, het die Wonder Woman strokiesverhale hul ontstaan te danke aan ‘n sielkundige in VSA wat besef het dat die comic-helde net uit mans-figure bestaan (Superman, Batman, ens) en besluit het om ’n strokiesprentkarakter te skep waarmee dogters/vroue ook kan identifiseer. Anders as die manlike superhelde wat deurlopend van geweld maak, gebruik sy ander “wapens” om haar doel te bereik.

Die gedagte agter die aanbieding is om vroue (en mans!) uit te nooi om opnuut die bemagtiging van vroue ernstig op te neem.

Verdere hulde aan vrouwees sal gebring word deur Danie du Toit jnr (van Spoegwolf-faam) wat enkele van sy bekende liedjies as deel van vrouedagviering sal sing.

19h00
R70.00
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Lewer kommentaar

Leave a Reply