#Woordfees Nommerpas

Nommerpas
Roekeloos
19 Februarie

‘n Vermenging van skets-komedie en skerp-skerts oor ʼn totalisator langs ʼn perderesiesbaan.

Die tote, jou golden circle, is die plek waar mense geluk kom soek en dit op tragiese maniere vind, waar elke Jan Rap en sy maat wil uithang, want hier kry jy iets wat die lewe tussen nommers, nicks and tricks laat draai: ‘As die nommer pas dan wed ons hom.’

Tussen perderesies, die Lotto, kwinkslae en humor word die hartsnare getokkel.

Met: Hein Poole en Lee Roodt
Deur: Hein Poole en Lee Roodt
Produksiehuis: Stercus Produksies
Regie: Gaerin Hauptfleisch

7 Maart 17:00 | 10 Maart 18:00 | Radio Helderberg Klein Libertas Teater, Stellenbosch| 70 minute | R100 | Geen o/16 T

Woordfees 2014

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply