Diep in die woestyn word die reënengel gebore.
Hy vertrek op ’n soektog na ’n hoër doel en beleef vele avonture.
Gevierde multi-genre danser en akteur Martin van Heerden se eerste selfgeskepte eenmanvertoning wat gehore gaan aangryp, ontroer en inspireer. ’n Opwindende talent kom tot sy reg in ’n aangrypende verhaal.
* Debuut *
Met: Martin van Heerden
Regie: Ignatius van Heerden
Musiek: Braam du Toit
Genre: Drama en dans
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R110 | R130 by die deur
Plek: Die Breughel Teater, Stellenbosch
Datum: 10 Maart 20:30, 12 Maart 17:00
Woestynland,
Roekeloos,
30 Januarie 2016.
