#Woordfees Die flying Dutchmen

Twee komediante, een verhoog, ’n magdom moontlikhede.

Stand-up en improvisasie-komedie verpak in ’n hoë-energie-vertoning wat sal sorg vir lekker lag, skaam lag, proes, giggel en selfs ’n snork.

Hannes Brummer is bekend vir Kompleks 1 en 2 en Melt Sieberhagen vir Proesstraat. In Die flying Dutchmen is die twee op hulle snaaksste, skerpste en gevaarlikste.

Elke vertoning is uniek want die gehoor sorg vir temas en inhoud. Die fokus val beslis meer op inhoud as aantreklikheid, meer op gravitas as gewig.

Met: Melt Sieberhagen en Hannes Brummer

Genre: Stand-up
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 45 minute
Kaartjies: R80, R60 (studente) | R90, R70 (studente) by die deur
Plek: Laer as laag, Stellenbosch
Datum: 7 Maart 20:30

Woordfees 2016

Die flying Dutchmen,
Roekeloos,
30 Januarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply