Twee vreemdelinge is vasgevang, dobberend op ‘n drywende vlot in die middel van die oseaan. Hulpeloos en skaars in staat om te kommunikeer, probeer hulle om beheer te neem van hul bisarre situasie.
Hierdie aangrypende multi-media produksie skep ‘n magiese wêreld deur gebruik te maak van fisieke teater, animasie, klank, poppespel en musiek.
Met: Anthony Haenen en Luke Carstens
Regie en ontwerp: Anthony Haenen en Luke Carstens
Baanbreek, Oudtshoorn | Daagliks om 10h00 | 30 Maart – 6 April
Ouderdomsbeperking: 13
#Wrakstukke
