You suck (en ander afgryslike waarhede)
In You Suck (en ander afgryslike waarhede) deel die eksentrieke tiener Pretina de Jager haar avonture, misverstande en mislukkings.

Deur haar “Liewe dagboek”-vertolking neem die Chappie-kouende Pretina, wat sukkel om haar voete te vind in die nuwe Engelse skool, jou op ’n reis deur onbekende hashtags, ’n twerking faux pas en wiskunde wat nie sin maak nie.

Groepsdruk en verwerping kry die kleurvolle karakter egter nie onder nie en met haar eiesoortige selfvertroue, eerlikheid en humor hou sy die gehoor op hul tone.

* Debuut *

Met: Klara van Wyk

Regie: Francesco Nassimbeni

Teks: Klara van Wyk
Vertaling: Marné Pienaar
Ontwerp: Francesco Nassimbeni
Verhoogbestuurder: Rosa Karoo Loewe
Vervaardiger: You Suck Productions

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans, English
Ouderdomsbeperking: geen o/12 jaar
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R105 (R120 by die deur)
Plek: Die Parlement, Oudtshoorn
Datum: 1 – 4 April 2018
KKNK 2018


You suck (en ander afgryslike waarhede)

You suck (en ander afgryslike waarhede)


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar