Blomme
- Vul die gate op jou grasperk met kompos.
- Voed die gras met ‘n misstof.
- Bemes gesnoeide rose.
- Snoei fuchsias.
- Voed bolle wat in die winter geblom het.
- Verwyder ou blomstele en dooie blare van meerjarige plante. Werk kompos rondom die plante in.
Groente
- Saai die eerste somergroentes.
- Jy kan nou begin met die saai van tamaties.
- Komkommers, murpampoentjies en skorsies kan teen die einde van die maand gesaai word.
- Begin nou die geveg teen slakke. Gooi lokaas rondom jou beddings.
Vrugte
- Koejawels en vye kry wel voeding hierdie maand en papajas kry bemestingstof.
- Al die snoei, spuit en deklae vir die komende seisoen moet afgehandel wees na die eerste week in Augustus.
- Jy kan nou begin om bome en wingerd een maal per week goed nat te maak.
