Aan jou

Uit die blou van my hemel, uit die dieptes van my see, oor my ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee. Deur my ver- verlate vlaktes met die kreun van ossewa- Ruis die stem van jou geliefde, van jou land Suid- Afrika. Snags lê ek en in stilte buite jou kamer venster en wag, dan stuur ek my stem rippelend deur die gras om ‘n vuur in jou gemoed te kom wakker maak. Dit wat te lank al in jou sluimer moet opgewek word, verdoesel nie meer gapende wonde my geliefde dogter. My seun jy antwoord my nie meer nie, jy sit op jou eie agterstoep en verlang huistoe. Jy dink in jou eie onkundigheid terug na dit wat eens was, maar onthou jy dan nie? Dit wat was, is, en sal altyd wees. Ek het jou nooit verlaat nie landsgenoot, kinders van Suid- Afrika. ‘n Vader vergeet nie sy kind nie.

Tyd roof nie ‘n goeie verhaal van sy storie nie, nee ‘n legende word gebore in die moederskoot van die volk. Julle wat egter hoop verloor het langs die stofpaadjies van my harde aarde, wil ek nou saggies herhider van trane, bloed en hartseer offers ontvang vir jou toekoms. Ek is nogsteeds jou land van melk en heuning, my stroompies van toevlug le kabbelend vir jou en wag. Kom rus in my oorvloedige skadu en vergeet van die bang in die vuil kelders van jou wese.

In die songloed van my somer, in my winternag se kou, in die lente van my liefde, in die lanfer van my rou, bly die klink van huweliksklokkies, by die kliutkap op ‘n kis- Streel my stem nie verniet nie, weet ek waar my kinders is.

Hou jy jou doof vir my beloftes, ontroue dienaar, weet ek jy kan nog my hartklop ritmies voel in elke sonsopkoms. Moet jouself nie langer van my af wegdraai nie liefdeskind, want aan jou bemaak ek al my skatte. Aan jou sal ek my grootste geheime toevertrou om te bewaar, my perels gee ek nie aan die varke nie. Verdoem is die verraaiers wat die bloed van my kinders van die mure af vee, met bevlekte hande en leuns in hul woorde. Lafhaart! Jou dag sal kom, geen genade sal die toekom wat hul susters verkrag en hul broers vermoor nie. Daar is geen plek vir hulle in my hart nie, my volk sal julle verskeur.

Die trou van my volk strek ver. In die merg van hul gebeente, in hul hart en siel en gees, in hul roem op hul verlede, in hul hoop op dit wat sal wees, in hulle wil en werk en wandel, van hul wieg tot aan hul graf- Deel geen ander land hul liefde, trek geen ander hulle trou af.

Aan die wil van ‘n opregte Afrikaner is daar geen einde nie, waarom twyfel julle dan nog in julself en laat my agter? Daar is dan geen plek waar jy van jouself af kan skuil nie. Gooi dan spookvuiste in die lug in en laat die oorlogskreet weergalm in die harte van julle teenstaanders. Die geveg is nie verlore nie, in die smerige hoeke van julle samesein is julle geboortereg nog staande.

Ek het julle na my hoor uitroep : ” Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra : waar en trou as Afrikaners- kinders van Suid – Afrika. Op jou roepstem se ons nooit nee nie, se ons altyd ja: om te lewe, om te sterwe – ja, ons kom Suid – Afrika! ” Landsgenoot, jy laat my jubel! Aan jou my volk bied ek myself, skryf vir ons ‘n nuwe toekoms.

bydrae: Anoniem

Lewer kommentaar

Leave a Reply