As die doedelsak vir jou speel

Die woorde dawer met ‘n tipiese Kaapse aksent oor die ongelukstoneel: “Beheer dit is Ambulans 34 hie met twee geletjies vir die trippel H”. Dit is dan die eindtelling van die motorongeluk waarheen Reggie se ambulans vroeër uitgeroep is. Twee mense is beseer, gelukkig nie te ernstig nie, maar hospitalisasie blyk tog nodig te wees. Rooi sou dus baie ernstige beserings aandui en groen blote oppervlakkige skrape. En die bestemming: die nimlike “trippel H” of Hottentots-Holland Hospitaal.

Die horlosie begin tik die sogenaamde “goue uur” af met die ongeluk se gebeure. Hierdie aftelling kan soms die verskil tussen lewe en dood bepaal en dit is dan dat ons in die hande van Reggie en sy medewerkers is. Vir ‘n tyd kan dit dalk net wees dat jou lewe in hulle hande is soos byvoorbeeld ‘n paramedikus wat met ‘n handapparaat suurstof in ‘n vrou se longe in pomp . Hy vertel dat hy tot al vir 30 minute met sy hande die pomp moes pomp met vingers wat begin kramp het, maar hy durf toe nie verslap nie want die onbekende vrou se lewe was letterlik in sy hande.

Hierdie ridders op hul wit perde is maar mense soos ons, maar met ‘n verskil! Hulle het ‘n passie vir mense in nood. Bloed sit hulle nie af nie. Met hul beperkte opleiding én hul ambulans, stabiliseer, bemoedig vertroos en vervoer hulle, wie ook al op daardie stadium dit benodig, van die probleemsituasie na die plek van versorging. By die traumalokale word daar altyd speels gekla oor “die werk” wat deur hulle afgelewer word, maar hulle word hoog geag as die eerste skakel in die ketting van mediese versorging in hul gebied. As bewys van die agting deur die hospitaalpersoneel vir die ambulansmense word hulle of hul familie, sou die trauma of geboorte sale benut moet word, met aankoms sommer outomaties “oranje”geklassifiseer en volgende vir aandag uitgeroep, maak nie saak hoe lank die ry geles voor hulle is nie.

Die ambulansspan word nie net uitgeroep na motorongelukke nie, maar ook om siekes tuis na die hospitaal te vervoer, gesinskonflikte op te los en bendegevegte se hartroerende gevolge te verbind, wat nog te verbinde is.

Elke ambulans word uitgerus met ‘n elektroniese “doedelsak” waarmee die bestuurder kan lawaai om sy pad oop en veilig te maak oor stopstrate en rooi robotte. Die klank laat selfs ‘n taxibuskondukteur wat by die venster uithang om nog passasiers is sy reeds vol taxi te laai, verander van koers, want wie weet wanneer dit vir jou is dat die doedelsak se deuntjie gespeel word nie!

“Kom ons gaan kyk die troepe!” Kom die opdrag van ‘n senior aan sy junior vennoot – en wie kan nou so ‘n man teegaan. Reggie motifeer net vir ingeval die junior dit nie begryp het die eerste maal nie: “All work and no play, made Jack a dull boy” En wie wil nou dull wees? Selfs die ambulans kry ‘n nuwe lewe. Hier leer ‘n mens dat ‘n ambulans ook immuun teen polisieversperrings is. Dit is Klopse tyd en watter gebore kaapse man kan die skouspel mis? Die ambulans word Reggie se kaartjie nie net tot die voorste gestoeltes nie, maar ook tot sommer tussen die troepe, so al asof die witbus ook wil bokspring en tiekiedraai, maar die keer op maat van die banjo en die kitaar.

Voordat die ambulans in die see van gesigte kon verdwyn, het die radio weer begin kraak. Die goue uurglas het vir ‘n motor se twee passasiers ook begin tik … Met loeiende serene word ‘n pad gebaan en die troepe waai vir Reggie in ‘n afskeidsgroet … of was dit dalk uitsendingsseën?

Alhoewel ons ‘n klein hoeveelheid paramedicie in ons land het, is hulle ook baie noodsaaklik om met hul kennis by veral buitenhuise sportgeleenthede diens te doen. Met ‘n onlangse bergfiets ren is van die paramedici totr die uiterste beproef. So ‘n resies word oor berge en in dale besleg. Dan word hulle ook as kommunikasieherleiers van die nodige mediese inligting benut. Daar het die dag vele van die deelnemers baie hard en intiem met moederaarde kennis gemaak.

Die sports vind plaas as die nodige mediese inligting op telefoontjie styl van speel versend word. Die eerste paramedikus is waar die ongeluk plaasvind en die tweede en derde is op hoë koppe wat die boodskap na die beheerkamer gestuur word waar die finale beslissing oor die deelnemer se behandeling en afvoerroete. Hierdie telefoontjie het ‘n manier dat die simptome genoem word maar dat elke mens die situasie volgens sy eie filters evalueer. So is dit lagwekkend om te hoor hoe hierdie woorde verdraai is en die konteks van verlede geweld aangedoen word! Oog en oor, egelemond en grond en watter woorde nog daar is om inplaas van die situasie te beredder – dit te be-botter!

‘n Laaste verwagting van die groep is om mense wat in die berge verdwaal of beseer is, te gaan uithaal en hul beserings te versorg. Meestal is dit onverskillige mense wat nie die paadjies ken nie of moeiliker roetes wil volg as waarvoor hul vaardigheidspeil so kon toelaat en verreder nie oor die nodige, of korrekte, toerusting beskik nie. Hulle moet veral sorg dat hulle genoeg water het om die stappers wat in nood is, te kan bystaan en in hul basiese behoeftes te voorsien!

By die herlees van die voorafgaande sou ‘n mens met goeie reg kon dink dat hierdie paramedici ‘n belangrike rol in ons samelewing speel!. Gepaardgaande met die spesisalis opleiding en tyd wat afgestaan word – hulle nie ‘n slegte salaris behoort te ontvang nie. Salaris? Slegs enkele van hierdie persone ontvang ‘n salaris van een of ander organisasie en is dus vrywilligers – niks anders as ONBETAALDE VRYWILLIGERS nie. Van hul beveiligende en reflektiewe klere tot die toerusting toue en duur bykomstige apparatuur – want hul lewens en die van die persone wat gered word hang soms net aan ‘n draadjiie hang. Die houding van die siekefondse is ewe skrikwekkend. Sommige fondse vind dit moeilik om hul pasiënt te ondersteun. Sou ‘n lid van hul fonds homself vir reddings- en paramediese werk wil beskikbaar stel, dit kan geskied nie WANT HULLE IS NIE VIR SULKE GEVAARLIKE SITUASIES GEDEK NIE!

Sonder borgskappe en hervulling van die mediese apparatruur, ens. kan ons nooit ‘n surplus paramedici hê nie. Kom ons neem my as ‘n voorbeeld. Ek het redelik gevorderde Parkinsons. Maandeliks betaal ek uit my eie sak vir medikasie ongeveer R1500 – R1600 en met ‘n bydrae van die mediese fonds van ongeveer R400 per maand. Medikasie, brandstof en versekering sal aan die Paramedici gegee moet word vir hul groot taak, so nie kan die doedelsal vroegtydig vir jou moet speel – dit sal gebeur!

bydrae: Emile de Villiers

(Stuur jou verhale na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar