´n Man is op safari in Afrika. Hy kom af op ´n olifant met ´n groot doring in sy voet.Versigtig bekruip hy die olifant en verwyder die doring. Die Olifant, wat doodstil gestaan het tot nou toe, draai stadig om en begin wegstap. ´n Paar tree verder gaan staan hy, kyk om en staar vir amper ´n volle minuut na die man.
Die olifant stap weg en die man dink by homself: "Ek wonder of daardie olifant my ooit sal onthou, as ek hom weer sien?"
´n Goeie paar jaar later terug by die huis neem die man sy kinders sirkus toe. Hy merk op dat een van die olifante die hele tyd na hom staar, amper asof hy hom herken.
Die man wonder, "Kan dit die olifant wees wat ek al daardie jare terug gehelp het?"
Hy besluit om van nader ondersoek in te stel, en met die olifant wat nog steeds na hom staar stap hy tot reg voor die dier.
Hulle oë ontmoet. ´n Kyk van "Ek ken jou." flits oor die olifant se gesig. Die olifant buk af en tel die man versigtig met sy slurp hoog in die lug op.
EN GOOI HOM HARD OP DIE GROND NEER EN TRAP HOM IN SY MOER!
Blykbaar toe nie dieselfde olifant nie.
skrywer: Gert Heyns
