Keiserpikkewyne wat in ‘n bondel saamdrom om hulle te beskerm teen die ergste Antarktiese winter is ‘n algemene gesig. Daar is nou bewyse dat hierdie nie net ‘n algemene samedromming is nie, maar ‘n sinvolle losgemaal.
Navorsers het ‘n wiskundige model geskep op grond van die pikkewyne se bewegings. Dit toon aan dat elke pikkewyn so min as 2 cm moet beweeg in die groep om ‘n kettingreaksie te veroorsaak. Hierdie kettingreaksie loop deur die hele groep en is van uiterste belang vir die groep se beskerming teen die gure weer. Die bewegings word elke 30 tot 60 sekondes uitgevoer.
Die bewegings begin as twee pikkewyne meer as 2 cm weg van mekaar is. Dit is twee keer die dikte van ‘n pikkewyn se verelaag. Meeste van die tyd raak die pikkewyne se vere liggies aan mekaar.
Die temperatuur in Antarktika kan tot -50°C daal met ‘n windspoed van 200 km per uur.
(foto: Daniel Zitterbart)
(Die studie is gepubliseer in die New Journal of Physics.)

