Kokketiel


Die kokketiel is ‘n kleinerige tipe papegaai, Nymphicus hollandicus, met helderkleurige vlerke.

Help
“Ek het ‘n koketiel wat omtrent 2 jaar oud is, was nog altyd gesond maar die afgelope week het daar ‘n rooi swelsel by die een oog uitgekom en ek wil graag weet wat ek han doen want die ander oog lyk my begin ook nou. Wat is daar wat ek vir haar kan gee? (enige raad)”
– Esme

Francien Mare: “Voëls is nie naasteby soos enige ander dier wat ‘n mens sommer net na iets kan gryp om een of ander kwaal te dokter nie. Hulle is daartoe geneig om maklik skade op te doen en self dood te gaan as hulle nie die regte behandeling ontvang nie. Om hierdie rede sou ek aanbeveel dat hy onmiddelik by ‘n vearts, wat veral in voëls spesialiseer, uitkom om die probleem korrek te identifiseer en gevolglik die beste behandeling toepas. As sy probleem nie reg hanteer word nie sal hy moontlik skade met sy oog opdoen en blindheid kan die uiteinde van jou probleem word. Wend ‘n daadwerklike poging aan en neem hom na een toe. Laat weet hoe dit met hom gaan asseblief.”

Help
My koketiel is nou so 6 maande oud. Ek wil graag weet watse kos ek vir hom moet gee wat gesond is want ek het gelees dat sade glad nie goed is vir hulle nie en as ‘n lekkerny beskryf word. En hoe weet ek of dit ‘n mannetjie of ‘n wyfie is?? Asb sê my!
– Juanita Lindholm

Francien Mare: “Juanita, enige papegaai het ‘n gebalanseerde dieet nodig wat nie net uit sade bestaan nie. Vrugte, groente en ‘n bietjie sade is wat hulle moet gee op ‘n daaglikse basis. Hoe om geslag te bepaal sal ek voorstel dat ‘n veearts hiervoor geraadpleeg moet word asseblief.”

Help
Is daar ‘n voëlsiekte wat ‘n voël se stembande aantas. Ek het gister agtergekom my kokketiel maak so bugie geluid en as hy probeer fluit kom die hele fluit nie uit nie. Dis as of sy stem weg raak. Hy kan Jan Pierrewiet fluit en ander, maar gister kon hy nie. Hy lyk nie siek nie en vandat ek hom het +/- 5jr het dit nog nooit gebeur nie. Enige kommentaar sal ver welkom word.
– Teresa le Roux

Francien Mare skryf: “Hi Teresa.
Dit klink nie vir my soos ʼn sogenaamde siekte wat jy dalk vrees nie, maar wel asof hy verkoue het. Dit is in elk geval beter om hom veearts toe te neem net om seker te maak alles is reg.”

Sluit aan by die Gesprek

142 Kommentare

  1. Help

    Ek het n Kokketiel gister gekoop by die Petshop. Dis nog n baba Kokketiel ek moet hom nog pap voer met n spuit. Maar die vrou wat die Kokketiel aan my verkoop het, het gesê ek moet hom drie keer n dag kos gee en ek moet hom net n driekwart spuit vol pap gee as ek hom elke keer voer. Dis ook nie n baie groot spuit nie. Nou wil ek graag weet is dit genoeg kos? Want, as sy spuit leeg is Skree hy vir nog kos. Benodig raad asseblief

    Maritza de Jager
    Pretoria

  2. Hi Maritza. Wat die dame gese het klink reg, maar wat ek nie seker oor is nie, is die grote van die spuit. My voorstel is daarom die volgende.

    Neem 2 opgehoopte teelepels pap wat jy met louwarm water aanmaak. Maak seker dat die kos net 'n aanduiding van hitte het anders kan hulle hul krop verbrand en sal hy weier om weer te eet en dus doodgaan.

    Wanneer hy hierdie hoeveelheid ingeneem het en nog kla, moet hy eers tevrede wees daarmee. Die beste manier om seker te maak hulle het genoeg ingekry, is deur aan hulle krop te voel. Dit moet mooi rond gevorm wees deur die voedsel wat hy ingeneem het. As sy krop nie vol voel en lyk nie, gee maar neg 'n klein bietjie. Soos hulle ouer raak, sal daardie hoeveelheid te veel raak en vermors word. Verminder dan net die pap. Wat baie belangrik is, is dat daar nooit weer kos gevoer moet word voordat hulle krop geheel en al leeg is nie. Dit kan jy ook waarneem deur aan die krop te voel. Dit sal net soos 'n los laag vel wees wat jy voel.

    Sterkte en laat weet as jy weer hulp nodig kry.

    Groete

    Francien

  3. Hallo julle
    Kan iemand my vertel wat die gemiddelde ouderdom van 'n Kokketiel is? My kinders se kokketiel is die week dood en hy het 'n wonderlike lewe gehad en vir ons baie vreugde gebring in sy 18 jaar saam met ons.

    Groete
    Willie Liebenberg

  4. Hi Willie

    Ja, dit is die gewonde lewensduur vir 'n kokketiel. Ek het al gehoor dat hulle tot 20 jaar oud word, maar 17 tot 18 jaar normale lewesduur is. Geniet al julle wonderlike herinneringe rondom hom wat nooit vergeet kan word nie.

    Groete

    Francien Mare

  5. Insake die vraag van watse vrugte en groente mens vir die koketiele kan gee….. Die 2 koketiele wat ons gekoop het is redelik handmak. ongelukkig kan die vrou by die petshop nie vir ons se hoe oud hulle is nie.

    Groete Madelein Hanekom

  6. Hello almal, ek en my man het vandag vir ons 2 kokketiele gekoop. As ek terug dink aan my kinderdae het my ma meestal sade en dan afentoe,appels,wortels en somtyds mariebeskuitjies gegee. Ek het wel al gehoor dat mens nie net sade moet gee nie en meestal vrugte en groente. Maar watse vrugte en groente is gesond vir hulle en watter moet ek vermy. Ek weet my skoonsus se african grey mag nie komkommer kry nie. kan julle asb vir my uithelp….. ek het nou al die omtrent gegoogle maar kry niks besonders nie

  7. Hallo aan die twee anonieme mense [Madelein Hanekom]. Ons gaan sommer albei se vrae beantwoord, want dit kom op dieselfde vraag neer.

    Enige vrugte en enige groente kan jy julle die kokketiel gee, maar daar is ʼn punt of twee wat in gedagte gehou moet word. Die pitte van vrugte is nie veilig om te voer nie, soos lemoen-pitte, nartjie-pitte, papaja-pitte [hoewel my African Grey papaja-pitte eet en nog niks oorgekom het nie, wil ek byvoeg dat jy dit op eie risiko doen sou julle dit nou doen,] en waterlemoen-pitte. Vrugte soos aarbeie en die sulks is veilig om te voer. Groente kan jy gee net wat jy wil, maar aartappel en pampoen mag nooit rou aan hulle gegee word nie. Gee vir hulle gekookte eiers met doppe fyn gebreek en enige iets wat jy graag eet. Net nie sout en te veel soetigheid nie.

    LET WEL:

    Avokadopere moet nooit vir enige papegaai gevoer word nie aangesien dit dodelik is.

    Ons hoop dit het gehelp.

    Groete

    Francien

  8. Is vandag se kokketiele anders as in die verlede? Ons het in die vroee 70's 'n kokketiel gekry en hy was 29 jaar oud toe hy dood is. Hy het hoofsaaklik "budgie" saad geeet, alhoewel ons vir hom ook so nou en dan eiers, tafelkos, ens gegee het.

  9. Goeie dag aan anoniem. Hierdie was ʼn baie interessante vraag/stelling van jou en ʼn mens kan hierdie vraag op verskeie manier beantwoord, maar ons verskaf die mees logiese antwoord hierop. Om te sê dat hulle, kokketiele, verander het, kan nie ʼn verkeerde antwoord wees nie, maar dit sal meer akkuraat wees om te sê die mens se kennis rakende die tipe troeteldier wat hulle aanhou het soveel verbeter dat ons vandag in staat is om hulle ʼn beter lewensstandaard te bied, sal die regte antwoord wees.
    Gelukkig het hy nie net budgie kos geëet nie en het hy ʼn verskeidenheid gehad om in sy behoeftes te voorsien.
    Hoop dit help.
    Groete
    Francien

  10. Hi Francien

    Ek het 'n geel kokketiel en hy/sy is so 1 en half jaar oud. Ek het altyd gedink dis 'n mannetjie omdat die petshop gese het as die kolle onder die oe helder is, is dit 'n mannetjie. Hy/Sy het nou 'n eier gele en ek is soo verbaas. Kan jy my asb raad gee or broei patrone en hoe moet hulle nessies wees.

  11. Goeiedag aan jou Johanie
    Jongie, ek moet erken ek is nie so “gekonfyt” met kokketiele nie, maar weet dat die meeste papegaaie se broeiproses byna dieselfde is. Hier en daar kan daar ‘n klein verskil wees, maar die verskil is nie te erg nie. Gaan na die troeteldierwinkel en kry daar ‘n nes, of neem tyd en let goed op hoe dit gebou word, gaan terug en maak jou eie. Onthou altyd dat daar genoeg ruimte moet wees om nie net op die nes te sit nie, maar genoeg om binne in rond te draai. Ons stel voor dat jy met tellers gesels oor jou papegaai, aangesien hulle die mense met kennis is.
    Sterkte en vertrou dat j reg sal kom.
    Groete
    Francien

  12. Ek het Vrydagoggend (1 April – en dis nie 'n grap nie! ) 'n kokketiel gekoop ( 'n gele ) en hy het nou nog nie 'n kriesel kos ge-eet of water gedrink nie. Ek is baie, baie bekommerd en hartseer, want ek sien hoe hy agteruit gaan. Ek het selfs sover gegaan om terug te gaan na die troeteldierwinkel om seker te maak dat ek hom die kos voer, wat die voels wat hulle daar het kry. Dis Avi-plus Delights vir kokketiele.

    Dis baie rustig en kalm in die huis en niks ander troeteldiere wat hom dalk kan angstig maak nie – het u raad asseblief.

    Vriendelike Groete,

  13. Hi Wilna
    Nog nooit het ek gehoor van enige voël wat byna 14 dae sonder kos of water gebly het nie, wat meer is, steeds lewe nie. Die moontlikheid bestaan dat hy sonder jou wete iets eet, en jy moes die tweede dag reeds jou kokketiel by ʼn veearts gehad het. Die troeteldierwinkel het nie die kennis wat ʼn veearts het nie. So ons stel voor dat, indien hy nog leef, jy hom dadelik veearts toe neem sodat hy eerstens sy kennis kan verbreed met hom, tweedens die kokketiel in die Genius Book of Records aangeteken kan word.
    Groete
    Francien

  14. Goeie dag

    Ons Kokketiele se babatjies het vrydag uitgebroei, die mamma en pappa is nie mak nie maar ons wil graag hulle babatjies mak maak. Hoe lank moet hulle by hulle mamma en pappa bly voor ons hulle kan wegvat en hand groot maak.

    Groete

  15. Hi daar, ek kan nie die regte tydsduur verskaf nie, maar weet dat daar ongeveer 4-5 weke moet verloop vordat hulle verwyder moet of kan word. Hou die ouers dop, want daar iss gevalle wat hulle die kleintjies probeer uitgooi uit die nes uit. Hulle is dan geneig om die babas te byt.
    Hou maar dop en tree daarvolgens op.
    Groete
    Francien

  16. HELP
    Ek het 'n paar dae trug 'n kokketiel gekoop. hy was piekfyn tot 'n paar uur gelede toe hy begin om val het en glad nie regop kan bly nie. WAT MOET EK DOEN???

  17. Ek het 'n paar dae trug 'n kokketiel gekry, hy was pekfyn tot 'n paar ure gelede toe hy begin om val het. HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  18. Hi, my seun(9) het verlede jaar vir hom n koketiel gekoop vir sy verjaarsdag,die voel was nog klein en is handgroot gemaak, nou n jaar later is daar fout met die voel, dit het gelyk vir n paar dae of die voel slaap opgepof en als! Toe ek die voel optel uit die hok voel ek aan sy krop dat leeg is en sy stoelgang is grasgroen en waterig, ek het ook agtergekom dat hy nie sy potjies nie toevou om die stokkie nie en neemaan dis dalk die rede hoekom sy krop leeg was, ek voer hom tans Immune Boosting energy meal met n spuit, hy is baie agresief en sy potjies trek soms agter toe en dan val hy om, en raak dan baie kwaat en raas vreeslik! Wat kan ek doen my seun huil dag en nag oor sy voel wat nie homself is nie,

  19. My suster het n nuwe koketiel en wil weet of sy die volgende vir hom kan gee: kaas, yogurt, simba chips, kaaskrulle en melk?

  20. Hi daar

    Gee hom net harde kaas, nie baie nie en ook 'n klein bietjie yohurt, maar glad nie van die ander wat jy noem nie. dit ryk aan sout en olie en ongesond vir hom.

    Groete

    Francien

  21. Hoe hou ons 'n week-oue kokketiel warm? Ons is in BLoemfontein en dit is baie warm maar wil net graag weet wat sal die regte manier wees om vir die kleintjie 'n snoesige plekkie te skep?

  22. Hou hom warm deur 'n sagte kombersie oor en onder hom in 'n mandjie te plaas, maar plaas ook handdoek-papier onder hom wat eer gereeld vervang kan word soos hy dit vuil maak. Kyk en hou hom fyn dop dat hy nie oorverhit nie, maar hy is baie klein en het goeie sorg en voeding nodig.
    Laat weet hoe julle vorder asseblief.
    Groete
    Francien

  23. Hallo, my ma het so maand n kokketiel gekoop, sy het hom gister vir my
    gegee want hy is nooit stil nie. Hy raas vreeslik baie en ek dink hy is bang
    vir die donker want sodra ek n kombers oor sy hok gooi klink dit of hy soos
    n baba huil. Ons is nie seker hoe oud hy is nie maar die man by die petshop
    se hy is nog jonk. Wat ek egter wil weet is hoe kry ek hom mak!!! Ek wil hom
    graag laat uit kom uit die hok maar hy blaas en wieg as iemand naby hom kom,
    help asb. Ek het ook twee budgies maar hulle kom oor die weg want almal wil
    gelyk chirp.

  24. Hi anoniem
    Die eerste ding wat jy moet onthou is dat julle vreemd en onbekend is aan hom en hy sal so reageer. Wees geduldig en gee liefdevolle aandag met ‘n ietsie spesiaal nou en dan. Spandeer tyd by sy hok, gaan sit net stil en gesels so ‘n bietjie met hom. Jy moet nie die kleiner papegaaitjies saam met hom insit nie, hou hulle apart.
    Sterkte met jou pogings.
    Francien

  25. Hallo my dogtertjie se koketiel het uit die hok gekom en sit nou al amper 24 uur in n hoe boom aan my bure se kant. Die boom is baie hoog en daar is n baie besige pad tussen ons. Ons het nou al geroep gesoebat en gesmeek Kokie herken ons want hy antwoord terug maar kom nie af nie. Hoe op aarde gaan ons hom daar afkry. Ons het sy hokkie met sy kos op die paadjie gesit maar hy bly hoog bo op die selfde tak net heen en weer loop. Ek glo nie die brandweer sal uitkom vir n koketiel nie, wat nou gemaak HELP SEBLIEF, en hy is honger want hy het n sekere maniere wat hy doen as hy honger is definatief dors ook.

  26. Goeie dag, al wat julle nou kan doen is om 'n tuinslang te neem, en indien moontlik hom natspuit sodat hy kan afkom, omdat hy nie daarna kan vlieg nie. Maak seker dat hy binne bereik is voordat jy hom natspuit, anders vlieg hy weg. Versorg hom daarna.

    Groete

    Francien

  27. Hi daar. Kan iemand my asseblief raad gee? Ek het twee kokketiele wat ek al so twee jaar het. Hulle het so twee maande terug begin om hulle kort kort te krap. My ma sê hulle het vlooie, maar aangesien hulle wild is en nie opgetel wil word nie kan ek nie kyk nie. Kan kokketiel vlooie kry en wat gebruik ek om hulle ongemak te verlig?
    Groete
    Hanlie

  28. Hi, ek wil graag weet, hoe noodsaaklik dit is, of nie, dat 'n koketiel bedags buitentoe geneem moet word vir sonlig, aangesien dit so warm is en ek wil ook graag weet of piesangs veilig is, want ek het voorheen gehoor dat piesangs , avokados en blaargroentes ewe dodelik kan wees , baie dankie

  29. Hi Danita
    Ja, dit is reg om jou kokketiel buite te plaas bedag, maar nie as dit te warm is nie en ook nie vir lang tye nie. ʼn Bietjie sonlig is noodsaaklik vir hulle vere. Wat piesangs en blaargroentes aanbetref is dit heeltemal veilig om vir hom te gee. MAAR GEEN AVOKADOS NIE, DIT IS DODELIK.
    Anders as dit klink dit asof jy geen ander bekommernis het nie. Laat ons weet as ons kan help in die toekoms.
    Sterkte
    Francien

  30. Dankie Francien, dat jy my e-pos beantwoord het, ek is egter nuuskierig oor 'n paar dinge, ek het my koketiel gekry toe sy sowat twee maande oud was, sy was terloops vanuit die dop weggeneem by haar ouers en met die hand grootgemaak en as gevolg daarvan glo ek vas dat sy nie weet dat sy n voel is nie, sy gedra haar vreeslik snobisties teenoor ander voel spesies en daarom my mening. Sy is amper ses jaar oud, sy fluit sekere fluite met sekere geleenthede, sy erken my en my man onderskeidelik, asook bv.swendelaan se deuntjie as haar slaaptyd deuntjie, is hul werklik so inteligent? het hulle n goeie geheue? en wat is die kanse dat sy nog woorde sal kan praat of is sy alreeds te oud.terloops sy is hond mak , glo nie eers sy weet hoe om te byt nie en o ja wanneer ek haar bv op my skouer het raas sy met almal wat naby my kom, klink my sy is jaloers . Kan dit wees?Groete Danita

  31. Hi Danita
    Sjoe, ek het jou inligting regtig geniet en besef dat geen papegaaispesie ooit onderskat behoort te word nie. Onthou enige papegaai leer deur assosiasie. Hulle koppel sekere dinge aan ander dinge wat hulle na oplet, bv. die wysie van Sewende Laan. Dit kan wees dat jy hom altyd in die verlede met die begin van die program toegemaak het en sodoende het dit ʼn slaaptyd deuntjie vir hom geword. Dat hulle elkeen onderskeidelik en op hulle vlak intelligent is, is beslis ook die geval.
    Hoe meer jy met die outjie gaan kuier sal hy so met verloop van tyd iets byleer, hul woordeskat is daarvoor bekend om plus minus 200 woorde te wees. Ongelukkig nie soveel soos die groter spesies nie, maar sy grote in ag geneem, is dit steeds baie. Hulle maak natuurlik uitstekende fluiters.
    Soos jy self noem, ken hy julle alleenlik as sy metgeselle en sal natuurlik besitlik en daarom jaloers wees. Dis regtig net normaal. Al wat julle moet doen is reageer met so baie liefde wanneer hierdie jaloerse reaksie vorendag kom, want hy soek net julle goedkeuring.
    Geniet jou vere kind en pas hom op.
    Sterkte
    Francien

  32. Hi, ek wil graag weet hoeveel kokketiele moet saam in n hok wees voor hulle broei. Ek weet by budjies moet daar tenminste drie pare wees. Ek wil dieselde van lovebirds weet.

  33. Hi daar

    'n Goeie punt om by te begin is gewoonlik 4 pare. 'n Mens moet eers vasstel of hulle mekaar gesamentlik aanvaar en oor die weg kom. Daarna kan jy meer byvoeg.

    Sterkte

    Francien

  34. Dankie Francien. Wat maak mens as twee van jou lovebirds ontsnap het en in n hoë boom buite bereik van die tuinslang sit, en nie wil afkom om kos in n wip te eet nie? Wat doen mens, of is daar nie regtig iets om te doen nie?

  35. Daar is nie werklik iets wat jy kan doen nie, behalwe wanneer dit sterk skemer word, die boom inklim met 'n handdoek, en omdat hulle nagblind is kan jy dalk daarin slaag om hulle te vang.

    Sterkte

    Fancien

  36. Dankie Francien vir die raad.
    Ek het wel die een Lovebird terug gekry deur die hok se deur oop te los. Daar was gelukkig geen ander voels in nie. Hy het toe self ingegaan en ek het net die deurtjie toegemaak. Die ander een glo ek nie ek sal gevang kry nie. Sy is baie wild.

    Groete Joanette
    (Ek sien nerens n blog oor Lovebird by Troetel nie, of kyk ek nie mooi nie?)

  37. Hi Joanette

    Bly dat jy darem een kon terug kry in die hok. Nee, jy is reg daar is nie 'n afsonderlike afdeling vir elke soort papegaai nie, ons hanteer vrae soos dit inkom.

    Hoop dat jy op een of ander wyse die wyfie kan terugkry.

    Sterkte

    Francien

  38. Hoe sien n mens if dit n mannetjie of vroutjie kokketiel is?

  39. Ek dink die wyfies het bande/strepe dwars onder hulle sterte. Mannetjies se oranje wangkolle is gewoontlik helderder.

  40. Dit is baie koud hier by ons(sutherland omgewing)-in die wintersaande sit ons vir Kuifie,ons kokketiel voor n verwarmer,en bedags gewoonlik in direkte sonlig buite of in die sonkamer-is kokketiele meer aangepas vir die koue of vir warmer omgewings?.Is hulle sensitief vir temperatuur veranderings?Ons is maar baie onbekend met die kokketiel(het hom maar nog net n maand)en wil weet of hy maklik verkoues kan opdoen.

  41. Kokketiele kan aanpas by 'n koue omgewing, maar aangesien ons nie weet waar Kuifie vandaan kom nie sal dit wys wees om sy omgewing se temperatuur nie te laag te laat daal nie – soos jy reeds maak. Die belangrikste is om hom droog te hou wanneer dit so koud is. Nattigheid is die ding wat kokketiele vang indien dit baie koud is.

  42. Ek ht n 14weke ou kokketiel wat ek self voer. Op watse ouderdom begin hul
    sade eet

  43. Hi anonniem

    Jou kokketiel moes teen hierdie tyd lankal op sy eie eet en jy moet nie net sade voer nie asseblief. Gee stukkies vrugte en groente soos wortels, groenebone ens. Hy sal leer waarvan hy hou en jy moet natuurlik sy kos daagliks verander, iets anders aanbied.
    Sterkte
    Francien

  44. GOEIE DAG , ONS HET 'N KOKKETIEL GEKRY BY MENSE MAAR DIE DING LYK NIE LEKKER NIE.TOE EK SY HOK NOU OOPMAAAK SIEN EK SY POEFIE IS GROEN EN WATERIG EN DIT HET SO LANK AF GEHANG. DIT LYK OOK ASOF SY VERE UITVAL. EK HOU HOM APART AANGESIEN EK BANG IS HY IS SIEK EN GEE DIT VIR MY ANDER VOELS

  45. Hi Theresa

    Dit klink asof daar iets fout kan wees, neem hom liewer na 'n veearts toe net om seker te maak wat aangaan.

    Sterkte

    Francien

Lewer kommentaar

Leave a Reply