
Die kokketiel is ‘n kleinerige tipe papegaai, Nymphicus hollandicus, met helderkleurige vlerke.
Help
“Ek het ‘n koketiel wat omtrent 2 jaar oud is, was nog altyd gesond maar die afgelope week het daar ‘n rooi swelsel by die een oog uitgekom en ek wil graag weet wat ek han doen want die ander oog lyk my begin ook nou. Wat is daar wat ek vir haar kan gee? (enige raad)”
– Esme
Francien Mare: “Voëls is nie naasteby soos enige ander dier wat ‘n mens sommer net na iets kan gryp om een of ander kwaal te dokter nie. Hulle is daartoe geneig om maklik skade op te doen en self dood te gaan as hulle nie die regte behandeling ontvang nie. Om hierdie rede sou ek aanbeveel dat hy onmiddelik by ‘n vearts, wat veral in voëls spesialiseer, uitkom om die probleem korrek te identifiseer en gevolglik die beste behandeling toepas. As sy probleem nie reg hanteer word nie sal hy moontlik skade met sy oog opdoen en blindheid kan die uiteinde van jou probleem word. Wend ‘n daadwerklike poging aan en neem hom na een toe. Laat weet hoe dit met hom gaan asseblief.”
Help
My koketiel is nou so 6 maande oud. Ek wil graag weet watse kos ek vir hom moet gee wat gesond is want ek het gelees dat sade glad nie goed is vir hulle nie en as ‘n lekkerny beskryf word. En hoe weet ek of dit ‘n mannetjie of ‘n wyfie is?? Asb sê my!
– Juanita Lindholm
Francien Mare: “Juanita, enige papegaai het ‘n gebalanseerde dieet nodig wat nie net uit sade bestaan nie. Vrugte, groente en ‘n bietjie sade is wat hulle moet gee op ‘n daaglikse basis. Hoe om geslag te bepaal sal ek voorstel dat ‘n veearts hiervoor geraadpleeg moet word asseblief.”
Help
Is daar ‘n voëlsiekte wat ‘n voël se stembande aantas. Ek het gister agtergekom my kokketiel maak so bugie geluid en as hy probeer fluit kom die hele fluit nie uit nie. Dis as of sy stem weg raak. Hy kan Jan Pierrewiet fluit en ander, maar gister kon hy nie. Hy lyk nie siek nie en vandat ek hom het +/- 5jr het dit nog nooit gebeur nie. Enige kommentaar sal ver welkom word.
– Teresa le Roux
Francien Mare skryf: “Hi Teresa.
Dit klink nie vir my soos ʼn sogenaamde siekte wat jy dalk vrees nie, maar wel asof hy verkoue het. Dit is in elk geval beter om hom veearts toe te neem net om seker te maak alles is reg.”

my kokketiel het deesdae die gewoonte om ons te byt en as ons verby die hok gaan dan mik hy na ons om ons te byt hy sing nie meer nie as hy wel doen dan is dit baie min is dit a.g.v die wyfie wat nou in die hok is of wat gaan aan help asb hy is eintlik so 'n pragtige voeltjie vol liefde ek s♪6 vir my kids Kokkie het moods
Hi daar
Jy gee ons nie veel inligting oor jou situasie met jou papegaai/e nie, daarom is dit moeilik om enige definitiewe antwoord te verskaf. Daar is altyd een of ander tipe motivering daaragter verskuil wat die rede daarvoor is dat hy skielik begin byt.
Kontak my op my persoonlike e-pos nl. francienma@gmail.com sodat ons dieper in jou probleem kan delf en ʼn oplossing probeer kry.
Sterkte
Francien
Ek het 'n baba kokketiel 'n ruk terug gekoop. Ek wil net weet op watter ouderdom kan 'n mens sien of dit 'n wyfie of 'n mannetjie is?
Hi daar
Gee so 'n jaar kans en dan is dit makliker om te onderskei. Die mannetjie se kolle is gewoonlik baie donkerder as die wyfie syne.
Sterkte
Francien
hoe lank vat dit dat n kokkketiel se eiers kan uit kom
hoe lank neem dit dat die kokketiel se eiers kan uit kom
Wag maar so tussen 10 – 14 dae.
Francien
Hi, My huiswerker se kokketiel het drie eiers gele, daar is geen mannetjie nie en sy is baie beskermend oor die eiers. Sy laat niemand naby die hok toe nie en ek glo die eiers sal later vrot word. Moet hulle die eiers probeer verwyder of wat staan hulle te doen?
Waar kan ek 'n geel baba wyfie koketiel koop?
Wyfies het ook bande onder hulle sterte.
Kan mens vir kokketiele granate gee?
Is dit veilig om granate vir jou kokketiel te gee?
Waar kan ek 'n jong hand grootgemaakte kokketiel koop? Verkieslik 'n Whitefaced pearl pied? Carletonville/Potch/Fochville omgewing. Dankie!
My 3weke oue baba koketiel het koue gevang. Het enige iemand dalk raad wat ek kan doen om hom gesond of beter te maak (behalwe veearts toe vat). Asb.
HI, ek vermoed my jaar oue kokketiel het verkoue. Ek is nie seker of hy nies of hoes nie maar hy maak sulke geluide kort kort. Is daar iets wat ek hom kan gee.
Waar kan ek 'n jong hand grootgemaakte kokketiel koop? Carletonville/Potch/Fochville omgewing.Kontak joanettelecornu@gmail.com Dankie!
Watter ouderdom begin baba kokketiele saad en ander kos behalwe pap te eet?
So vanaf 6 weke.
Goeiemore,
My Kokketiel is nou 10 maande oud. Hy het Maandag sy voet seergemaak, dit was baie blou, die blou is nou amper weg, maar hy loop nog steeds mank.
Dink U dit sal regkom?
Dit lyk nie of hy pyn het nie, maar hy is nog nie heeltemal homself nie.
Groete
Dit klink of hy herstel. Gee hom nog so 'n paar dae. As hy dan nie reg loop nie kan jy hom vearts toe vat.
Goeie dag
Ek het twee dae terug ‘n kokketiel gekry wat nou omtrent 2 maande oud is. Ek voel nou heel dom om hom te hanteer, aangesien ek voldag werk. Ek probeer nou maar in die oggend, etenstyd en in die aand aan hom aandag gee, maar hy is duidelik nog baie bang en vreemd. Kan jy my asb se wat is die beste en miskien die gouste manier om hom mak te kry en ek sy vertroue kan wen?
Probeer die URL:
http://troetel.blogspot.com/2009/01/jou-baba-papegaai-is-tuis.html
goeie dag , wil net weet die d
tudperk van n eier as die kokketiel gele het. ons een nesiie het 5 eiers en die ander een het 7… is dit normal.. want die een le ook nou nie meer so baie op haar eiers nie. kom hulle self agter as die eiers nie reg is nie en nie gaan hatch nie…. of moet ek dit raai… ek dink nou al die een le nou 3 weke al
Niks fout met die aantal eiers nie. Dit kan gebeur dat sy die eiers ignoreer. Dit gebeur. Moet dit egter nie verwyder nie, aangesien sy dalk nog kan produseer om die oues te vervang. Om aanhoudend eiers te produseer is nie goed vir hulle nie.
Hoe lank voor koketiele broei as jy mak wyfie by wilde mannetjie sit
Ek het 'n mak wyfie koketiel van 4 jaar oud en sy het al eier gele, Ek het gister gesien sy reg om weer te broei en het mannetjie by haar ingesit in die hok. Hy het al ander wyfies gehad en wil graag broei met hul. Hoe lank gaan dit vat voor hul kan broei? Hul het nog nie baklei nie en lyk maar net seker vreemd want dit is die eerste keer dat sy mannetjie by haar het.
Dit hang af of hulle mekaar gaan aanvaar. Van daar af kan dit enige tyd van 'n week tot 'n maand neem voor die eerste eiers kom.
As daar aanvaarding is sal hulle begin. Mens kan sommer sien wanneer hy haar probeer beindruk. Hulle sit dan ook naby mekaar gewoonlik.
As ek een paar kokketiele het sal hul broei of moet ek meer as een broei paar kokketiele hê in 'hok. Wat het ek nog nodig as hul moet broei? En hoe weet ek of ringnekke se eiers nie wind eiers is en is 2 pare budgies genoeg om te broei?
Net een paar. Hulle sal broei as hulle mekaar aanvaar. Dennehoutskaafsels kan in die nes geplaas word om die eiers te stabiliseer. Om die eiers te oordeel is nie maklik nie. Gewoonlik kyk mens teen 'n lig om te sien of 'n embrio ontwikkel. Ja vir die budgies.
Gister 31 Oktober 2013 het die kokketiel 'n eier gele maar hy het gebreek omdat ek nie nes reg gehad het vir haar. Ek het nou nes in hok gesit. Sy het gisteraand in nes geslaap. Sal sy weer binne die volgende paar dae eiers le al is haar eerste eier gebreek? Ek wil graag een van haar kleintjies hou om mak te maak.
Ja, die kanse is baie goed dat sy nog eiers sal le.
Die kokketiel het nog nie weer eiers gele nie en sy wil nie nes skrop nie. Hoe lank voor sy weer sal eiers le? Die budgies het ek al amper 2 maande en het nog nie gebroei hoelank voor hul begin eiers le? Almal met wie ek praat het al 'n magdom eiers van budgies en myne wil nie broei. Hul is in die huis in 'n groterige hok. Ek het 2 mannetjies en 2 wyfies budgies.
Jy is bietjie haastig met die kokketiel. Wat die budgies betref moet jy weet dat daar eers 'n band moet vorm tussen 'n mannetjie en 'n wyfie. Hulle moet ook ouer as 12 maande wees.
Die budgies het by die vorige voelboer gebroei. Ek het hul as paar gekry. Hul is ouer as 12 Maande en gewoond aanmekaar. Is daar vitamienes wat ek kan gee om te help dat hul broei
Ek neem aan daar is 'n beskutte plek ook in die hok vir die nes? Al wat jy dan nog kan doen is om te sorg dat hulle gesond eet; goeie kwaliteit saad, vars vrugte en groente.
Hulle is in 'n groterige hok in die sitkamer. Ek kry goeie saad vir hul. Hulle kry son deur die venster so in die oggend.
Het hulle 'n nesboks?
Ja hulle het 2 nesbokse in die hok en ek weet nie wat om nog te doen dat hul broei
Ja hul het 2 neste tussen die 2 pare van die budgies wat in een hok is. Die vorige reply het nie deurgegaan nie.
Hi
Ek het nog nooit 'n voëltjie in my lewe gehad nie, maar daar het eergister 'n kokketiel by ons "aangekom". Hy het geen bandjie op of enige iets nie. Ek het maar 2de handse hokkie gaan koop en kossies en water, maar is verder so dom? Ek het op websites en pet shops ens adverteer dat ons die kokketiel gevind het, maar wil hom darem intussen goed versorg. Hy eet lekker en drink lekker maar is baie byterig. Is dit normal?
Hoe weet ek hy is ongelukkig of iets?
Jammer julle, ek is bitter onbekend met waarin ek myself nou bevind.
My seuntjie gesels natuurlik heeltyd met die voëltjie en dit maak my hart so warm!
Hi, ek het 'n baba kokketiel so 3 weke terug gekry. Hoe lank moet ek Kokkie voer, want hy wil net kos he wanneer hy my sien?
Baie dankie
Lorraine
Hoe oud is hy? Hoe gereeld sal afhang van sy ouderdom.
Hy is jou nie gewoond nie, so dit is normaal dat hy jou sal byt. Gee hom kans. Gee hom tyd. Ek dink jou seuntjie gaan sy hart wen.
Ek sou een paar per hok hou.
Hi, ek het 'n baba kokketiel. Die troeteldierwinkel het gese dat sy omtrent 8 of 9 weke oud is. Ek voer haar pap elke 6 ure en ek sien dat sy nogal heel belang stel in die budgiesaad wat ek vir haar uitgesit het. Sy wil nog nie regtig aan die vrugte eet wat ek neersit nie. My groot vraag is hoe lank sal ek haar nog 3 keer per dag moet pap gee?
Hi, ek het 'n baka koketiel wat volgends die troeteldierwinkel omtrent so 8 of 9 weke oud is. Ek voer haar nog elke 6 ure deur die dag en sy stel ook baie belang in die budgiesaad wat vir haar insit. Ek wil net graag weet hoe lank dit nog sal nodig wees om haar 3 keer per dag pap te voer? Sy stel ook nie vreeslik baie belang in die vars vrugte wat ek vir haar insit nie.
Jy kan haar nou al net 2 keer per dag voer. Daarna moet jy haar dophou, en sodra sy op haar eie kan eet kan jy ophou.
Baie dankie. Ek is bevrees dat sy soos 'n klein babatjie skree as die 6 ure verby is. Sy val behoorlik nog die lepel aan as ek die pap aanbied. Ek gaan eers die 20ste terug werk toe. Sal maar volgende week probeer om haar te speen van die middagvoeding. Ek kan haar nie regtig werk toe neem nie aangesien ek met publiek werk. Die ander vraag wat ek het is: is dit normaal dat sy 'n skree geluid maak as sy ons sien? Iemand het gese dat dit deel van haar manier van kommunikeer is. Sy is baie mak en gaan na almal in die huis.
Dankie, ek gaan haar begin rek met die pap vir die volgende week. Ek begin weer die 20ste Januarie werk en sal die week gebruik om haar te speen. Is dit normaal dat sy so 'n snaakse skree geluid maak as sy ons sien en dan daarmee aangaan al gee ons aandag aan haar? Is dit haar manier van kommunikeer?