Kokketiel


Die kokketiel is ‘n kleinerige tipe papegaai, Nymphicus hollandicus, met helderkleurige vlerke.

Help
“Ek het ‘n koketiel wat omtrent 2 jaar oud is, was nog altyd gesond maar die afgelope week het daar ‘n rooi swelsel by die een oog uitgekom en ek wil graag weet wat ek han doen want die ander oog lyk my begin ook nou. Wat is daar wat ek vir haar kan gee? (enige raad)”
– Esme

Francien Mare: “Voëls is nie naasteby soos enige ander dier wat ‘n mens sommer net na iets kan gryp om een of ander kwaal te dokter nie. Hulle is daartoe geneig om maklik skade op te doen en self dood te gaan as hulle nie die regte behandeling ontvang nie. Om hierdie rede sou ek aanbeveel dat hy onmiddelik by ‘n vearts, wat veral in voëls spesialiseer, uitkom om die probleem korrek te identifiseer en gevolglik die beste behandeling toepas. As sy probleem nie reg hanteer word nie sal hy moontlik skade met sy oog opdoen en blindheid kan die uiteinde van jou probleem word. Wend ‘n daadwerklike poging aan en neem hom na een toe. Laat weet hoe dit met hom gaan asseblief.”

Help
My koketiel is nou so 6 maande oud. Ek wil graag weet watse kos ek vir hom moet gee wat gesond is want ek het gelees dat sade glad nie goed is vir hulle nie en as ‘n lekkerny beskryf word. En hoe weet ek of dit ‘n mannetjie of ‘n wyfie is?? Asb sê my!
– Juanita Lindholm

Francien Mare: “Juanita, enige papegaai het ‘n gebalanseerde dieet nodig wat nie net uit sade bestaan nie. Vrugte, groente en ‘n bietjie sade is wat hulle moet gee op ‘n daaglikse basis. Hoe om geslag te bepaal sal ek voorstel dat ‘n veearts hiervoor geraadpleeg moet word asseblief.”

Help
Is daar ‘n voëlsiekte wat ‘n voël se stembande aantas. Ek het gister agtergekom my kokketiel maak so bugie geluid en as hy probeer fluit kom die hele fluit nie uit nie. Dis as of sy stem weg raak. Hy kan Jan Pierrewiet fluit en ander, maar gister kon hy nie. Hy lyk nie siek nie en vandat ek hom het +/- 5jr het dit nog nooit gebeur nie. Enige kommentaar sal ver welkom word.
– Teresa le Roux

Francien Mare skryf: “Hi Teresa.
Dit klink nie vir my soos ʼn sogenaamde siekte wat jy dalk vrees nie, maar wel asof hy verkoue het. Dit is in elk geval beter om hom veearts toe te neem net om seker te maak alles is reg.”

Sluit aan by die Gesprek

142 Kommentare

  1. Ja, dit is nie ongewoon nie. Sy is bly om julle te sien en weet al dat jy beteken daar is kos iewers.

  2. Hi ek het nou sopas n kokketiel gkoop, maar hy wil glad niks eet of drink nie, ek het dit groot gekry, nou wil ek weet is dit omdat hy nog aanpas in sy nuwe bly plek of wat kan dit wees

  3. As jy pas by die huis gekom het is dit seker bietjie vroeg om nou al bekommerd te raak. Indien 'n paar dae reeds verby gaan, moet jy hom vearts toe neem.

  4. Hi, ek het 2 kokketiele vir my kleinkinders gekoop, hulle is ongeveer 4-5 weke oud en ons voer hulle nog met n spuit , kan u asb vir my se hoelank ons hulle nog so moet voer en kan ek noual begin vrugte vir hulle uitsit, watter ouderdom kan ons hulle leer praat en hoe doen ons dit, baie dankie

  5. Helo, ek is Beatrice. Ek het ‘n wyfie kokketiel so plus- minus 3 jaar oud. Elke jaar lê sy tussen 6 en 12 eiers. Sodra ek die eier/eiers wegvat, broei sy net weer ander uit. Moet ek vir haar’n mannetjie kry of wat kan ek doen?

    Hoop jy kan help
    Groete

  6. Wil jy babas laat uitbroei? Haar laat ophou met eiers produseer?

  7. Ek het twee kokketiele wat broeis is. Hulle lê egter nie hulle eiers in die hokkies nie, maar in hulle kosbak. Wat moet ek maak met die eiers wat in die kosbak lê?

  8. Wil graag weet wie van die een pronk die man of die vrou kokketiel

  9. more ekt gister vir my n koketiel gekoop van 6 weke oud kan hy al vaste kos eet of nog pap en hoe maak ek hom skoon na voeding want die pap mors bietjie as ek dit vir hom voer

  10. Goeie dag, ek het vir my n kokketiel aangeskaf maar weet nie hoe oud hy/syis nie ??????

  11. Goeie naand��. Ek wil net graag hoor of ek mykoketiel moet toe gooi saans? En wat is die rede hoekom n voeltjie toe wil wees?

  12. My kokketiel huig na sy asem. Ek et teramysin water gegee het gewerk en na 2 dae het hy weer begin. Kan iemand my asb dringend raad gee. Veearts is toe nou.

  13. Ek het hulp nodig my baba koketiel is so maand oud as ek haar kos gegee het is haar krop baie geswel dan het ek soos 3 lepeltjies hehehe sy is bietjie olik wat kan ek doen wil nie he sy moet dood gaan

  14. Goeiedag

    Ek soek asb raad tov my kokketiel. Hy het die afgelope maand begin om ons te pik dat die bloed loop. hy skree ook nou baie as jy in die vertrek is. Hy is baie mak en sit op ons skouers en laat ons toe om sy koppie te krap, sowel as om ons 'n soentjie te gee. Wat kan die oorsaak van sy veranderde gedrag wees.

  15. Help Asb

    Goeie dag. My kokketiel se koppie bewe en lyk aanmekaar asof sy moeg is. Maar eet en beweeg normaal. Sy is nou 2 en half jaar oud. Wat moet ek maak

  16. Goeie naand ek het 2 pare kokketiele wat eiers le die een broei op ha nes die ander wyfie nie ha eiers le net ini hok wat moet ek doen help asb

  17. Help my asb. My kokketiel is nou so 11 weke oud. Sy wil niks anders as die voel pap eet nie. Ek het nou al omtrent elke ding vir haar probeer gee maar sy wil niks daarvan weet nie. Wat kan ek doen om haar te kry om ander dinge te eet behalwe voel pap. ek is al raadop. Dankie

  18. Nie as dit gemaak is van gegalvaniseerde sink nie. Dit is giftig vir hulle.

  19. Goeie dag ons het einde januarie n koketiel gekry toe was hy 3 weke oud . My vraag is hoe lank eet hulle pap voor hulle kan begin saad en ander kos eet en wat mag hulle nie eet ni .
    Baie dankie
    Johan

  20. Goeie more.
    Kan iemand asb raad gee.
    Ek het jy koketiel al vir 5 jaar.
    Die laaste 2 weke het agter gekom hy of sy is nie okay nie.
    Maagie het 3 keer bloedjies ingehad toe hy poopies en hy slaap amper heeldag. Sodra ek kos in dir hokkie sit klim hy op en eet en drink water. As ek hom uit haal dan will hy naby jy besig wees en will my hand om hom hê. Ek maak seker dat hy en die ander een warm is en vanoggend moes ek hom optel om hom wakker te maak en toe eet hy en klim weer op die bersie en slaapies. Ek moet heeltyd sy borsie vryf en om sy oogies is dit rooi al 3 dae.
    Kan iemand asb raad gee. Die veearts vra R200 konsultasie en R100 meds. En hulle kan nie waarborg dat dit gaan help nie. Ek will nie jy Koketiel verloor nie.

  21. Hi daar
    Ek het 'n kokketiel wat alleen in 'n hok is. Sy het nou 'n eier gelê. Ek wil weet hoe is dit moontlik as daar nie bevrugting plaasgevind het nie

  22. Hello,
    Ons kokketiel het Oktober 8 wind eiers gelê (vreemd vir so baie?). Nou lyk dit asof sy lei aan stress – sy het al haar borsvere en boudvere uitgetrek…nogsteeds besig. Winter is oppad – hoe kan ek help ?

  23. Hy daar het Saterdag een koketiel verloor. Het slym by sy mondjie agter gekom. Minder begin eet en binne dag dood. Wat kan die slym wees? Sou dit aansteeklik wees?

  24. Hallo. Ek wil graag 'n kokketiel kry, maar wil net gou weet word die baba voëltjie in die nag gevoer?
    En wat is die verskil tussen die geel, grys en wit kokketiele?

  25. Hello
    Ons het ń kokketiel gekooo ń week terug en met ń skok agtergekom (danksy die comments hierbo) dat hy nie net sade moet eet nie (Die dame by die troeteldierwinkel het ons niks gesê nie en ons is nog leke wat kokketiele aanbetref) Nou is ek net bekommerd want vandat ons hom het is sy afskeiding groenerig, watse kleur moet dit wees? Hy is nou 12 tot 13 weke oud.

  26. My koketiel het onlangs n geluid begin maak dit klink soos n toe neus want n week terug het hy nog gefluit dis wel nog n baba moet ek bekommerd wees want hy is toe ons hom gekoop het ses weke oud dws dat hy bou agt is ek is net bekommerd oor die fuit dat hy nie meer fluit nie asb help

  27. My koketiel het onlangs n geluid begin maak dit klink soos n toe neus want n week terug het hy nog gefluit dis wel nog n baba moet ek bekommerd wees

  28. Goeie naand
    My naam is Ronel. My Kokketiel van 1jr en 4 maande oud is 2 weke gelede oorlede van ASMA of so dink ons want sy het altyd gehuig na asem of moeg geraak as ons met haar gesit het. Dink u dit was moontlik asma want sy was op en wakker en skielik die volgende dag oorlede. Raad waar ons kan verbeter asb

  29. Goeie dag. Ek het al geplaas oor my kokketiel kind wat oorlede is maar wil ook net verder vra want ek het nou 2 babas gekoop wat ek self groot maak want dis kinders vir my. My oorlede kokketiel het gereeld verkoue gekry……snotjies in die neusie en hoes. Hoekom? Wat doen ek verkeerd? Ek het medikasie aangeskaf soos MULTI-AID REMEDY FOR ALL CAGE BIRDS van DARO Produkte wat ek daagliks 10 druppels in haar water gegooi het maar steeds het sy vir niks verkoue gekry nie en boonop vermoed ek sy het asma gehad. Wat kan ons as Kokketiel ouers doen om sulke gevalle te vermy of te voorkom? Dan verder wil ek weet is dit gesond om in die toekoms hulle naby n oop venster of n trekkie te plaas vir vars lug want ek is maar extra versigtig en is baie lief vir diere. Asb……ek moet weet en niemand antwoord my terug nie.

  30. Hi dit lyk of my kokketiele Wil Paar. Wat moet ek doen hoe moet ek maak. Moet ek Gras Insit of n hokkie of hoe moet ek maak

  31. Terug pieng: Voëls – Roekeloos
  32. Goeie dag, van watter ouderdom eet ‘n kokketiel self, ek het 2 kleintjies wat ek voer, een is 6 weke en die ander een 5 weke oud

Lewer kommentaar

Leave a Reply