Gidshond in die moeilikheid

‘n Gidshond stap met ‘n man oor die straat, maar dit is heeltemal die verkeerde tyd.

Jy hoor net skreeuende bande soos die motors uitswaai om die blinde man te vermy.

Aan die ander kant van die pad haal die man ‘n stukkie biltong uit sy sak om vir die hond te gee. ‘n Voetganger wat die hele petalje gadegeslaan het, kan dit nie glo nie. “Meneer,” sê hy “jy weet jou hond het jou nou amper dood gehad, en nou beloon jy hom?”

“Ek beloon hom nie” antwoord die blinde, “ek probeer uitvind waar sy kop is, sodat ek sy gat kan skop.”

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply