#Aardklop Nie as ek sing nie – Laurika Rauch

Dit is presies nege jaar gelede wat Laurika Rauch laas by Aardklop opgetree het.

Vanjaar maak sy ’n spesiale draai vir slegs twee vertonings.

Op die vraag wat die titel sal wees indien sy eendag haar outobiografie skryf, antwoord Laurika Rauch sonder aarsel: “Nie as ek sing nie.” Want wanneer sy voor ’n gehoor sing, verdwyn alle
sorge, pyn en onsekerhede.

Nie as ek sing nie bevat outobiografiese elemente én neem jou terug na waar alles begin het – na die dae van “Mpanzaville”, “Atlantis” en “Stuur vir my ’n foto”.

Met: Devereaux van der Hoven-Oosthuizen (pianis) en Juan Oosthuizen (kitaar).

* Première *

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 80 minute
Kaartjies: R140
Plek: kykNET Ouditorium, Potchefstroom
Datum: 7 Okt. – 20:00, 8 Okt. – 10:00

Aardklop 2015

Nie as ek sing nie – Laurika Rauch,
Roekeloos,
9 September 2015.

3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar