Jakkals en Leo

Jakkals en Leo is ‘n vertoning met ‘n gesonde mengsel van opwindende klassieke liedjies, bekende Afrikaanse popliedjies en alles tussenin. Jakkie Louw en Kevin Leo is van afsonderlike pole van die Afrikaanse musiekwêreld en ontdek mekaar se style deur hulle gemeenskaplike liefde vir musiek.

Die twee kunstenaars het onlangs die bekende “Voshaarnooi” van Louis Van Rensburg ‘n nuwe baadjie gegee met hulle splinternuwe verwerking en die kombinasie van Jakkie se rasperstem en Kevin se afgeronde tenoorstem het mense gaande.

Die hele gesin kan maar nader staan vir Jakkals en Leo en sommer ‘n paar “pikkewyne” ook nader trek. Hierdie produksie is die eerste van sy soort en belowe om gehore reg oor SA op hulle voete te hê. Kyk uit vir die CD opname hiervan wat eersdaags vrygestel sal word. Hierdie produksie word vanaf middel 2009 tot einde 2010 regoor SA opgevoer.

Van die liedjies wat in die produksie opgevoer word deur Jakkie en Kevin is:

O Sole Mio
Funiculi Funicula
Drie Pikkewyne
Lisa se klavier
Droomvrou … en vele meer.

Jakkie Louw en Kevin Leo
Jakkie Louw en Kevin Leo

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar