2012 is voorwaar ’n goeie jaar vir die bekende sangeres en liedjieskrywer Amanda Strydom.
In Mei 2012 het Amanda se produksie, Binnekamer, die Woordfees in Stellenbosch se Woordtrofee ontvang vir die beste kontemporêre musiekproduksie.
Die Raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het ook vanjaar besluit om ‘n erepenning aan haar toe te ken uit erkenning vir haar besondere bydrae tot die groei en bloei van die Afrikaanse lied. Sy word nie alleen as sanger erken nie, maar maar ook as skepper van ‘n ryke skat van nuwe Afrikaanse liedere. Sy ontvang hierdie toekenning op 22 Junie 2012.
Vanjaar is ook ‘n hoogtepunt vir Amanda op ‘n hele nuwe vlak. Sy is vir die eerste keer in 23 jaar op die verhoog as aktrise in die verhoogproduksie Voor ek vergeet … saam met Hannes van Wyk. Hierdie produksie het by die ABSA KKNK gedebuteer in April 2012 en Amanda is benoem vir ’n Kannatoekenning as beste aktrise.

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
