Roekeloos
20 Junie
Pianis Rika Vermeulen het in haar loopbaan vele bekende sangers, dansers, kore en kinders begelei.
Met A B-flat in my Bonnet klim Rika vir die eerste keer uit van agter die klavier tot in die kollig en laat ‘n paar ape uit haar baie ervare mou. Agter-die-verhoog geheime, skinderstories en raad tuimel vinnig en baie snaaks uit Rika se dertig jaar-ondervindinge van haar bedryf.
Kom maak jou gereed vir ‘n energieke, prettige en mallemeul-rit deur 30 jaar in die lewe van “die tannie agter die klavier”.
Rika word ondersteun deur jarelange vriendin en ou diva uit Oos-Europa, Madame Dahlia Souzatskaya.
Vrydag, 27 Junie, 20h00, R80.00
Ou Meulteater, Paarl
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Lewer kommentaar