Bleu Remix

Yann Marussich is een van die unieke karakters van kontemporêre dans, bekend vir die impak wat sy vertonings het op sy gehoor. Sy uitdagende oorspronklike werke is al wêreldwyd ‘n bekende verskynsel sedert 1981.

Met Bleu Remix ondersoek Marussich dieselfde temas as met Bleu Provisoire in 2001. Tydens dié het ‘n blou vloeistof uit sy vel gesyfer, kompleet asof dit ‘n natuurlike afskeiding van sy liggaam was.

In Bain Brisé lê Marussich in ‘n bad, bedek met glasskerwe. Vir die 90 minute van die vertoning verrys hy uit die bad. Die estetiese impak van hierdie werk vervang mens se aanvanklike aanvoeling vir die gevaar van die situasie. Jy word verlei deur die refleksie van die stukkies glas en die stadige grasieuse bewegings van die liggaam.

Bleu Remix
Bleu Remix

(foto Isabelle Meister)

Nasionale Kunstefees 2013

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply