Roekeloos
26 Maart
Gregor Samsa ondervind ’n stelselmatige insek-wording, wat deur die sielkundiges, psigiaters en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinasies van dementia-lyers.
Dit word meesterlik met behulp van klank, ritme en musiek uitgebeeld deur Jaco Bouwer.
Gregor sien oral insekte, voel hulle loop op hom en voel homself uiteindelik iets minder en meer as ’n mens word.
Dis ’n stuk wat in gesprek wil tree met Franz Kafka se Die Verwandlung.
* Debuut *
Met: Antoinette Kellermann, Gerben Kamper, Ilana Cilliers en Ludwig Binge
Regie, ontwerp en vervaardiging: Jaco Bouwer
Teks: Willem Anker
Musiek: Pierre-Henri Wicomb
Verhoogbestuurder: Rocco Pool
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/16
Tydsduur: 100 minute
Kaartjies: R 100
Ple: SANW Loods, Oudtshoorn
Datum: 2 April 20:00 (Finale Kleedrep: R50), 3 April 09:00 3 April 20:00, 4 April 09:00 4 April 20:00, 5 April 09:00 5 April 15:00
Lewer kommentaar