#KKNK Trompie is net uitgepaas

Trompie is net uitgepaas
Roekeloos
25 Maart

Is dit so eenvoudig soos “balle, braai en buuste”?

Dawie hou ‘n “Skilpadbraai” – meer dop as vleis. Rooies en Blikkies kruis tange oor braaitegnieke. Die televisie gee probleme en die rugby is aan die gang.

‘n Klop aan die deur … ‘n Meisie in hul midde. ‘n Meisie wat dreig om die fondasie van hulle vriendskap uit mekaar te skud …

Trompie is net uitgepaas is ‘n swart komedie. ‘n Satire oor jonk wees en groot word. Wat dit beteken om ‘n “man” te wees. Die Boetie van N is vir Neurose. Kan mans ook neuroties wees? Het hulle drome, vrese, wense? Of is dit so eenvoudig soos “balle, braai en buuste” …

Met: Ludwig Binge, Carel Nel, De Klerk Oelofse & Cintaine Schutte
Regie: Christiaan Olwagen
Teks: De Klerk Oelofse & Christiaan Olwagen
Produksiehuis: Polony

Genre: Swartkomedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/16
Tydsduur: 70 minute
Kaartjies te koop by Computicket , R 95 Volwassenes, R 75 Studente
Plek: Griesselsaal, Oudtshoorn
Datum: 2 April 13h30 / 3 April 17h00/ 4 April 13h00/ 5 April 19h00

Trompie is net uitgepaas
Trompie is net uitgepaas

KKNK 2014

4

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar