WSpel het pas weergawe 14.1 geloods en met meer as 516 000 woorde in die WSpel-woordelys en duisende inskrywings in MS-Word se AutoCorrect-funksie is WSpel tans die grootste Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office (Windows en Mac) ter wêreld. Daarby voldoen dit aan die spelwyse van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) 2009. Dis alles gratis, want WSpel is gratis vir almal.
Ons doelwit is om die omvattendste en gebruikersvriendelikste speltoetser gratis in Afrikaans daar te stel. WSpel word gereeld bygewerk met nuwe woorde of bestaande woorde wat voorheen nie opgeneem is nie.
U kan die program gratis van tyd tot tyd aflaai of laat bywerk – www.wspel.co.za
