#KKNK Rondomskrik

Rondomskrik
Roekeloos
25 Maart

Die grusame verkragting en moord op Anene Booysen in Februarie 2013 het die wêreld geskud en is die vertrekpunt van die teks.

Shaleen Surtie-Richards, Kuns Onbeperk-vereerde vir Vertolking in 2014, lewer ’n sterk en onvergeetlike vertoning as Jasmien Adams, die juffrou wat ’n verskil probeer maak in die tiener Antjie Fortuin se lewe.

Hierdie roerende studie van hoe ons ons kinders faal, vind hoop in ’n maalkolk van wanhoop.

* Debuut *

Met: Shaleen Surtie-Richards, Lee-Ann van Rooi, Crystal-Donna Roberts en Richard September
Regie: Hennie van Greunen
Teks: Rachelle Greeff
Verhoogbestuurder: Maryke van Jaarsveld
Vervaardigers: Pedro Kruger en Hennie van Greunen vir Wordsmith’s Theatre Factory

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tyd: 90 minute
Kaartjies: R 110
Plek: SANW-ouditorium, Oudtshoorn
Datum: 29 Maart 20:00 (Finale Kleedrep: R55), 30 Maart 09:00 30 Maart 12:00, 31 Maart 16:00 & 1 April 16:00

KKNK 2014

4.5