Gatiep en al die water

Gatiep en Meraai sit en eet hul Gatsby, vroegoggend onder ’n brug in Woodstock, want dit reën hard in die Kaap.


“Hel dit reën dam hard. My cousin van Eldorado Park sê dit reën net so daa in Jò’burg” sê Meraai. “Mens sou sweer dis weer die groot vloed.”

“Jy mien soos die Laingsburg vloed?” vra Gatiep.

“Nee, man,” antwoord Meraai “die vloed, soos Noag op daai berg.”

“Nee,” sê Gatiep terwyl hy sy kop skud “wetie daavan nie, het nogie vandag se koerant gelies nie.”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar