Hierdie besondere produksie is gekonseptualiseer deur die Hollandse kunstenaar, Jori Snell, en volg die avonture van ‘n jong meisie en al die wonderlike karakters in haar kombuis.
Geken as nie-verbale teater, is die produksie toeganklik vir alle gehore, maar word veral gesien as ‘n teaterondervinding vir die hele familie, vermaaklik vir oud en jonk.
Benoem vir ‘n Standard Bank Ovasie Toekenning by die Nasionale Kunstefees 2012, beloof die produksie om die verbeelding aan te gryp.
Baanbreek, Oudtshoorn | Daagliks om 12h00 | 30 Maart – 6 April
#KitchenFables