Kieslys

Close


*/

25 Augustus
2006
Teater
612 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Op die Vrou af

André le Roux se vlymskerp, skreeusnaakse waarneming, wat in sy populêre rubriek in Sarie ‘n tuiste vind, het al menige getroude paartjies laat dink: maar dis mos óns daai.

Nou is hierdie rubrieke verwerk as ‘n musiekteaterproduksie deur Hennie van Greunen, ‘n veelbekroonde storieverteller, wie se werk jaar na jaar vir uitverkoopte sale speel. Sy vorige produksies sluit treffers in soos Blougat, Lyf, Junkiedrome, Jong Dames Dinamiet, Die Laaste Aand, Café Boerlesque, Wydekloof, Pello en Anna se Engel.

Dan is daar twee feeshelde, wat laas in 2001 saam op die verhoog gesien is: Pedro Kruger en Sarah Theron. Pedro se reputasie as storieverteller, sanger, akteur, pianis en liedjieskrywer is al keer op keer bewys in produksies soos Blougat, Lyf, Junkiedrome, Pello en Anna se Engel. As spankaptein op kykNet/M-Net se gewilde Liriekeraai is hy ook ‘n ou bekende op die televisieskerm.

Sarah Theron het een van die mees indrukwekkende stemme wat tans in ons land optree. ‘n Veteraan wat al meer as twee dekades in die vermaaklikheidsindustrie werk, het sy ook ‘n draai gaan gooi by Egoli, en haar feestreffers Vurige Diva en Suiwer Sarah lê nog vlak in feesgangers se geheue.

Nou span Hennie, Pedro en Sarah saam om André se werk te herinterpreteer vir die verhoog. En hierdie realiteitssitkom gaan kook, want die waarheid sal uit: poligamie is wel ‘n goeie idee. Mans haat dit as jong bokkies hulle ‘oom’ begin noem. Mens moenie Viagra sluk ‘n uur voor jou baas oorkom vir ete nie. ‘n Brasiliaanse wax heet ook ‘die landingstrook’. Kommunikasie is nie altyd maklik nie. Vrouens bel te veel, mans praat te min. Op die vrou af is ‘n vertoning waar mans en vrouens vingers na mekaar gaan wys, waar die musiek kook en die humor oorloop. Die vertoning het geopen by die 2004 Klein Karoo Nasionale Kunstefees vir uitverkoopte sale en staande ovasies en toer steeds DRIE JAAR LATER landwyd.




1 Opinie:

Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Teater
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Teater
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Teater
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Teater
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Teater
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

Oppiwater Kunstefees 2018 program | Roekeloos
2018-01-18 11:06:34
[…] Daar is egter ook die klug, My man se skelmpie se skelmpie se vrou, die Boerneef-huldeblyk...
Roekeloos
2018-01-15 09:15:59
Julle moet die onderskeie fees-organiseerders en/of kunstenaars direk kontak....
Annatjie Smit
2018-01-13 05:19:03
Goeie more. Met wie kan ek kontak maak vir optredes van kunstenaars asseblief. E-mail annatjiesmit1...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.