Van spoke gepraat

Na C. J. Langenhoven sy hand daaraan gewaag het, het daar slegs sporadies enkele spookstories in Afrikaans verskyn. Van ons beste gevestigde skrywers en belowendste jongeres (o.a. die agterkleindogter van Langenhoven, Willemien Brummer) jaag nou in hierdie kraakvars bundel spoke op. Die stories – nuut geskep, behalwe twee voortreflike verhale wat reeds verskyn het – gaan grotendeels oor dwaalgeeste of “teenwoordighede uit ‘n ander dimensie”. Geeste in diere, in ou plaashuise, in die waaksaal van ‘n hospitaal, in die nagmis langs die see. Dwaalgeeste wat langs die pad staan en ryloop, wat aan jou deur kom hamer, wat kom om hul eie moorde op te los, wat soms vir pynlike verlies vergoed deur te troos. In hierdie leesbare bundel met verhale vol atmosfeer is die werk opgeneem van Hennie Aucamp, Pirow Bekker, Nini Bennett, Francois Bloemhof, Danie Botha, Helen Brain, Marianna Brandt, Willemien Brummer, E.K.M. Dido, Tom Dreyer, Rachelle Greeff, Pieter Haasbroek, Jaco Jacobs, E. Kotze, Leonard Koza, Andre le Roux, Johnita le Roux, Petra Muller, Frank Roger, Leon Rousseau, Esta Steyn, Adriaan Snyman, Pieter Stoffberg, Marita van Aswegen, Marita van der Vyver, Johan van Lill, Engela van Rooyen, Jan Vermeulen, Ben Viljoen, Fanie Viljoen en George Weideman. As jy Van spoke gepraat gelees het, sal “spoke” nooit weer dieselfde wees nie!

Lewer kommentaar

Leave a Reply