Kiwis streng bewaak tydens wêreldbeker

Die Nieu-Seelandse sokkervereniging (NZF) het ’n private sekuriteitsfirma gehuur om hulle land se sokkerspelers te beskerm gedurende die 2010 Fifa Wêreldbeker in Suid-Afrika.

Hierdie sekuriteit is bykomend tot die R1.6 miljard wat die wêreldbeker-organiseerders wêreldwyd op sekuriteit vir die toernooi spandeer het.

‘n Suid-Afrikaanse firma gaan waak oor die Nieu-Seelanders. Die maatskappy het in die verlede ook sekuriteit aan die All Blacks en die Wellington Hurricanes verskaf het.

Nieu-Seeland sal in Johannesburg gevestig wees vir die toernooi.

Lewer kommentaar

Leave a Reply