#Aardklop Die vakbondwese in onstuimige vaarwater – is die vooruitsig vir die land redding of rampspoed

Die vakbondwese is in rep en roer.

Ná die breekspul in Cosatu is daar ’n sterker beweging na links en radikale sosialisme. Die ANC kan vir die eerste keer sedert 1994 nie staatmaak op die
werkerstem nie. Daarby gebruik vakbonde hul spierkrag om kapitalisme te vernietig. Maar wat hou dit in vir ’n reeds strompelende ekonomie?

Met onder andere Zwelinzima Vavi, voormalige hoofsekretaris van Cosatu, en Flip Buys, voorsitter van Solidariteit.

Genre: Diskoers
Taal: Afrikaans & English
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: Gratis
Tydsduur: 90 minute
Plek: Idee-kafee (by die ATKV Boeke-oase), Potchefstroom
Datum: 7 Okt. – 08:30

Aardklop 2015

Die vakbondwese in onstuimige vaarwater – is die vooruitsig vir die land redding of rampspoed,
Roekeloos,
2 Oktober 2015.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar