Baba op Gumtree geadverteer

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het beamptes aangestel om webwerwe met geklassifiseerde advertensies te monitor ná ‘n ongebore baba op die webwerf Gumtree vir aanneming aangebied is.

Die advertensie is op 17 April gelaai, na bewering deur ‘n 24-jarige swanger vrou van Kuilsrivier in Kaapstad.

Die adverteerder het haarself beskryf as ‘n “pragtige swart vrou” en het belangstellendes gevra om ‘n selfoonnommer te skakel.

Altesaam 88 mense het die advertensie teen 19:00 Maandag besigtig. Dit was egter teen Dinsdagoggend nie meer sigbaar nie.

Die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het sonder sukses probeer om die adverteerder te identifiseer.

Albert Fritz, LUR, het die advertensie aan die handel in kinders gelyk gestel.

Hy het gesê hy het intussen ‘n span gevra om webwerwe soos Gumtree te monitor vir die verkoop of onwettige aanneming van kinders.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar