Bobby geboks

Die Kaapstadse Radiopersoonlikheid, Bobby Brown, is glo deur een van President Thabo Mbeki se lyfwagte geslaan. Dit het gekom nadat hy glo aangesê is om geen vrae aan Mbeki te stel nie.

Teen die bevele het Bobby aan Mbeki ´n vraag gestel buite ´n konferensiesentrum aangaande sy skuld van ´n koei aan Lesotho se Koning Letsui III as gevolg van sy afwesigheid by die koningklike troue. Mbeki het nie geantwoord nie en Brown het dit daar gelaat. Toe gryp die lyfwag, Keith Mokwena, hom aan sy lapelle en slaan hom met die vuis in die maag. Alles ten aanskoue van die media, amptenare en Gemenebes afgevaardiges.

Lewer kommentaar

Leave a Reply